Mensig Gerne maar jy is omtrent gelukkig met al die pakkies wat jy al gewen het! Sommer drie J&J pakke met Henko! Daai messy to dressy goed is oulik!
Ai Petro! Ek hou in elk geval nie van verrassings nie, en moet se ek sou seker ook vies gewees het! Veral nou! Mens het nie eers krag vir jouself nie, wat nog te se vir 'n klomp kuiermense en dan is daar nog onverwagse gaste ook! Gelukkig is die naweek nou verby! Hierdie naweek wat kom stuur jy almal warm plek toe en spandeer bietjie tyd met manlief en op jou eie! En dan draai jy sommer sy arm en gaan laat doen jou naels of 'n pedi of so iets! Net om te ontspan!
Gepraat daarvan, HELENE hoe was jou preggy masage? Jy het nog niks kom vertel nie!
Ek het darem sopas goeie nuus gerky! Twee van my Carriwell bras het los getrek, toe stuur ek vir hulle 'n e-mail. Glo dit of nie, dit word altwee vir my vervang, ek moet net die beskadigdes terugstuur vir 'n kwaliteit ondersoek.