Hi julle
Anina, geniet jou afspraak vanmiddag!
Ek het nog nie BS gehad nie, maar ek is seker dis die 25ste Sept of dalk die 4de, maar ek amper 100% seker dis die 25ste.
Gan maar so 3 pakke Carriwell maternity pads koop.
Het beter geslaap gisteraand, maar jet eers 12 uur aan die slaap geraak, maar ag wat kan mens maak.
Die vreemdste storie nou net gehoor:
Iemand wat saam my werk (die meisei wat haat tweeling verloor het so 8 maande terug en wat nou die dag uitgevind het sy is swanger):
Sy het na die patoloee gegaan en 'n bloedtoets gedoen en dit het gewys sy is +/1 5 weke swanger.
Sy bel toe natuurlik dadelik haar gynae om 'n afspraak te maak. Toe word daar vir haar gese, sy moet die bloedtoets resultate deurfaks en dan sal hulle haar bel om 'n afspraak te maak. Dit was bietjie vreemd, maar sy los dit toe daar.
'n week later bel hulle haar en se dat hulle dit ontvang het, maar dat hulle wil he sy moet eerder weer 'n bloedtoets doen, by dieselde patoloee (Lancet)????? Sy was so geskok, sy kon nie 'n woord uitkry nie?? Dis die absurdse ding wat ek al gehoor het? Dis asof hulle jou nie glo as jy se jy is swanger nie, en dan is jou bloedtoets ook nie 'n goed genoeg bewys nie?
Wat dink julle?