file Oktober mammies 2010

16 years 2 months ago #91541 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re:Oktober mammies 2010
Ai ek sukkel met die munchies vandag! Nie asof ek iets eet nie, word net lus vir al die goed! En om alles te kroon e-mail 'n vriendin toe nog 'n Biltong & kaas Souttert resep ook vir my! Dis in pdf formaat, maar ek sal dit sommer gou tik:

250g cheddar kaas gerasper
150g gesnyde biltong
375ml room
4 eiers
1 rol broskors deeg (die gevriesdes wat mens koop)

Verhit oond tot 180C.
Laat deeg ontdooi, voer tertbak(+-32cm) daarmee uit.
Strooi kaas en biltong binne-in deeg.
Klits eiers en room saam en giet bo-oor mengsel.
Bak sowat 1 uur tot vulsel gestol het.
Laat so 10 minute staan voor jy dit eet.
GENIET DIT!

Ek sal die kaas en biltong in lae probeer strooi, dan lyk dit interessant.

Gerne ek sal bietjie by Baby Boom gaan kyk of hulle die "t-shirt tidy" aanhou. Ons het darem so winkel hier, maar onthou dis die platteland! Hulle het nie altyd alles wat julle winkels het nie. Het jou tannie daai en by Kwik-P gekoop? Dis die enigste baba-winkel in Wollies. Ek was nog nooit daar in nie, is bevrees die pryse gaan mal wees!

Ek moet julle eers vertel van hierdie een man wat saam met my werk se MAL vrou! Hulle baba-dogtertjie (Junie 1 geword) kry ewe skielik sulke foutes wat haar asempie heeltemal weg is. Hulle vat haar na pediater in Pretoria (Klerksdorp se dokters nie goed genoeg nie!), toets vir Epilepsie en slaap-apnee maar kry niks fout nie! Toe kom dit uit die vrou spuit elke oggend van haar parfuum op die kleintjie se bors!(Haar dogtertjie moet lekker ruik) Die goed is natuurlik so sterk dat dit haar asempie wegslaan, vandaar die floutes! Toe weet die pediater weer nie waarvan hy praat nie en hulle vat haar na 'n homeopaat in Schweizer-Reneke. Die het haar nou op behandeling vir yster-tekort en bloedarmoede.
Waar het jy gehoor jy spuit parfuum op so klein babatjie?! Babas moet mos soos babas ruik! Nie soos grootmense nie! :huh: :angry:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #91532 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re:Oktober mammies 2010
Hi

Dit klink oulik Gerne, het dit nog nooit gesien nie! Sal bietjie loer!

Wonder hoe gaan dit met Janine en Petro en Helene?

Ek vermoed Ashleigh het ons groepie verlaat want sy was eeeeeuuuueeeeee laas hier :(

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #91483 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re:Oktober mammies 2010
agnee flip, my laaste post is weg. grrrrr


kom ek probeer onthou

Dankie vir al die mooi woorde oor ruben!

Elise, jou broer gaan net op een manier leer, die harde manier! hoop alles werk uit. sterkte girl.

Hier is ackermans se boekie. Christa, die 'rompers' is vreeslik oulik - ek is mal daaroor. dis die los babygrow met die kort beentjies!
www.ackermans.co.za/PageFlip/tbc/Catalogue.html

ek het mos al vir julle vertel van die 't-shirt tidy' dink dis wat hulle dit noem. het julle dit al gesien. ek het gevrek daaroor en dit hou die tshirts so mooi ingesteek en netjies. dis 'n gadget wat voor en agter die hempie vasmaak en dan tussen die bene met mannetjie & vroutjie.
my tannie het vir my van wollies af gebring maar sien ek mens kry dit nou ook by baby boom. ek het baie daarvan gehou met henko.

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #91470 by Handjievol
Replied by Handjievol on topic Re:Oktober mammies 2010
Julle ek het nog nie die Ultramel poedings probeer nie. Sal definitief 'n plan moet maak.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #91449 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re:Oktober mammies 2010
oooo, julle en julle lekker kos!!! :blink:

Nou is ek ook lus vir soetgoed!!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #91433 by Elise
Replied by Elise on topic Re:Oktober mammies 2010
Christa daai vla is vreeslik lekker ek het al al 3 geeet en ek sal 4 bakkies op n slag by my self op eet glo my

Samantha Mikayla Vermeulen Gebore 20 Septermber 2010 09h32 3.24 kg 51cm
1 week oud: 3.4kg
4 weke oud: 4.1kg
6weke oud: 4.65kg



File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #91424 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re:Oktober mammies 2010
Julle hoekom eindig ons al weer by kos en goed op!!!!! :( Ek moet vanaand op die skaal klim by geboorteklasse en hulle hou my gewig fyn dop! Nou het julle my alweer lus vir soetgoed! Ek dreig nou al lankal om Ultramel se nuwe poedings te probeer. Daar is mos die gewone vla, dan karamel en sjokolade! YUMMY!!!!! Hoe gaan ek dit hou???!!!!! :huh: :blush:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account