file Oktober mammies 2010

16 years 2 months ago #88976 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re:Oktober mammies 2010
Goeiemore

Oe ek is so moeg vandag :side: ek wens ek kon net nog slaap en slaap en slaap. Ons het baie lekker gekuier, die mense is eers half 12 daar weg. ek het daar gesit en gaap dat die oe traan LOL

die aand was 'n groot sukses, my man het dit baie geniet, hy is vanoggend fine so my missie het bietjie gevaal :) wou gehad het hy moet weet hy het verjaar, maar ag, solank hy dit geniet het :P Ek kan net nie wag om te gaan slaap vanaand en more en sondag en maandag nie :ohmy: Voel sommer of ek babalas het vandag en ek het nie naby die tequila gekom nie

Anina, acc 200 is veilig! maar net nie langer as 5 dae agter mekaar nie. Bacon & eiers, yum! Ek vrek oor bacon

Ek het ook nog niks gepak nie maar het darem al paar pakke pads gekoop en die res dink ek darem het ek, henko is nie te lank terug gebore nie :) Het donker waslappe en handdoeke, japon, creampies en goedjies so ek sal okay wees as 'n noodgeval gebeur. Ek dink ek sal eers my tassie pak na ons getrek het want alles is nou deurmekaar.

Christa, wow klink of jou klasse baie interessant was, by ons sit ons net en luister :) Maar dit klink ook uitputtend, jy moet versigtig wees ne. hoop jou pyn gaan gou weg.
Ek glo in Lansinoh nippel room, ek het baie van daai groot Bennetts nippel creams maar het dit nooit regtig met henko gebruik nie. die lansinoh is baie duur maar baie effektief.

wat se die vrou is daar 'n manier om jou borste voor te berei?

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #88957 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re:Oktober mammies 2010
Een vragie: Wat se nipple cream gebruik of gaan julle gebruik? Ek wil die naweek koop, maar weet nie wat om te koop nie. :huh:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #88954 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re:Oktober mammies 2010
More almal! Hoop julle het goed geslaap en uitgerus! Ek voel of ek in JHB stasie geslaap het! Wil net terugklim in die bed en slaap! Het hier by eenuur laasnag wakker geword met die vreeslikste lae rug en heup pyn! Ek het sommer gehuil daarvan! En ek het 'n baie hoe pyndrempel! Dit was ongelooflik seer! :dry:

My geboorteklas was heel insiggewend. Het dit nogal geniet! Ons is 8 mammas, 4 is al 'n rukkie daar en dan was ons gisteraand 4 nuwes. My EDD is saam met die 4 wat al lankal daar is. Ons is geweeg, bloeddruk gevat en maag gemeet om weke te bepaal. En baba se hartkloppie is geluister. Toe het ons oefeninge gedoen, was nogal intensief. Ek het gedink ek is onfiks, maar die wat al 'n rukkie daar was het goed gekreun en steun en ook maar soos stoomtreine geblaas. :laugh: Toe het sy 'n lesing oor kontrasepsies gegee. 2 van die nuwe mammas is baie jonk en wou hulle doodgiggel. Dis soos tieners wat die eerste keer van seks hoor! Wat 'n irretasie! Maar ek het dit nogtans geniet! Die vrou is absoluut PRO borsvoeding en het sommer dadelik verduidelik presies wat ons moet doen om ons borste voor te berei.

Sarah hope you feel better soon! I think Anina is correct, it's all the kids bringing the germs to school. :silly:

Anina hoop die bacon en eiers was lekker! Gelukkig is die proteiene goed vir jou! Ons het dit ook al vir aandete ge-eet.

Elise jy is nie al een wat nog geen tas reg het nie! En ek is net 2 dae agter jou! :ohmy: Het ook nog niks vir die hospitaal gaan koop nie! Weet nie eers wat om in te pak nie en wat gee hospitaal nie! :huh: Moet dalk die naweek 'n draai gaan maak en uitvind.

Gerne hoop nie jou arme man het die moeder van kopsere vanoggend nie! Geluk met sy verjaardag, al is dit nou al 'n dag laat!

Carmen bly oor jou goeie nuus met die verhoging! En dat dit boon-op terugwerkend is! Dit kom regtig op 'n goeie tyd ne! :woohoo:

Ralmarie hoe voel jy vandag? Jy moet vir klein Drikus verduidelik hy kan nie so haastig wil wees nie. Daar is nog baie tyd!

Hoop almal het 'n lekker dag! Gelukkig is dit Vrydag en LANG NAWEEK! :woohoo: :woohoo:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #88857 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re:Oktober mammies 2010
Sarah, I think its part of the teacher's curse to get flu all the time! Its the kids bringing all their germs to school hey. But that is life... My heartburn is better now, I hope it doesn't come back to soon, had bad reflucs yesterday because I ate half a packet of viennas!

Ek CRAVE bacon en eiers!!! Het nou vir Johan gestuur om te gaan bacon koop! Raai wat eet ons vir aandete!!

Gerne, voer jou man, moet net nie jouself ook vergryp aan die tequila nie!!

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #88856 by Sarah
Replied by Sarah on topic Re:Oktober mammies 2010
Hello mommies...

My bump is getting bigger by the day! I got asked at school why don't I take the baby out and keep it in a bed? When I said baby has to grow some more they said it was big enough!

She doesn't move so much lately, either she's just lazy or enjoying a long sleep!

I'm enjoying my bump at the moment :) but the heartburn and reflux is horrible. And I'm just getting over horrible flu so I've not been very happy lately.

Hope you are all well

HUGS

sarahashwell.weebly.com

Professional Nanny, Qualified Teacher, Post Natal Doula and Mommy (Oct 2010)

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #88855 by Elise
Replied by Elise on topic Re:Oktober mammies 2010
Jap ek staan nou eerste ek het so 46 dae tot my keiser datum oor jipeeeeeeeeeee dit klink lekker min as jy dit so se maar convert dit na weke dan is dit omtrent 6 weke dan klink dit lank. dankie anina ek dink dit sal seker weer beter word sal maar net bietjie wag dit sal oor waai

Samantha Mikayla Vermeulen Gebore 20 Septermber 2010 09h32 3.24 kg 51cm
1 week oud: 3.4kg
4 weke oud: 4.1kg
6weke oud: 4.65kg



File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #88852 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re:Oktober mammies 2010
jis julle, my rekenaar was weer bietjie gevoeterd vandag. sal more weer opvang.

lekker aand almal

laat ek my man gaan tequila voer :)

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account