file Oktober mammies 2010

16 years 2 months ago #89134 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re:Oktober mammies 2010
Christa - ja ongelukkig is dit vrek duur! Maar dit hou darem 'n rukkie want mens smeer net so ou druppel elke keer aan. dalk moet jy net 'n klein buisie hou vir noodgevalle en baie seer en dan die ander goedkoper salfies gebruik.

Ek het so ander geel tube gekry by my skoonsus - sal bietjie kyk wats die naam.

Anina, ek het nie geweet mens kan Bepanthen ook gebruik vir mens se bors nie, ek vrek oor dit want dit is 'n wonderkuur vir brandboudjies. Dit is ook duur maar nie so erg soos Lansinoh nie, sal dan sommer 'n ekstra tube van dit ook kry.

Christa, baie dankie vir die raad met die borsvoorbereiding - dit help baie. ek gaan def alles doen wat jy gese het, kan mos nie skade doen nie.
so sy se mens moet eerder nie die stretch mark room op jou areola smeer nie en net die nippel room? Begin ons nou al met die nippel room?
Die topless tan ding maak vir my BAIE sin. hulle se mos as mens borsvoed moet jy jou borste in die son kry :)
En dankie tog dat iemand se ons moet nie trek of karring nie, my ander vriendin se ma het vir haar gese sy moet haar nippels met 'n naelborseltjie borsel in die bad :woohoo: WTF.

Skies vir al die vrae maar ek wil hierdie keer reg wees ;)

Anina, daai ACC200 werk regtig baie, ek glo ook daaraan!

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #89127 by Elise
Replied by Elise on topic Re:Oktober mammies 2010
hulle kry stil stype christa glo my ek sit baie so alleen hier dan chat niemand

Samantha Mikayla Vermeulen Gebore 20 Septermber 2010 09h32 3.24 kg 51cm
1 week oud: 3.4kg
4 weke oud: 4.1kg
6weke oud: 4.65kg



File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #89124 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re:Oktober mammies 2010
Hoekom is almal so stil?

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #89090 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re:Oktober mammies 2010
Anina bly jou ACC200 help! Die Lansinoh klink goed maar mensig dis duur! Die vrou wat die klasse aanbied verkoop dit ook. Sy vra R280 vir 200ml. Die klein buisie, ek skat so 30ml is R60. Is dit wat die goed kos, of ruk sy die dam onder die eend uit? As mens die Bepanthen aansmeer, moet jy eers jou bors was voor voeding? Meeste nipple room kan jy net so aanlos met voedings.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #89055 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re:Oktober mammies 2010
Hi julle!

Ek het heerlik geslaap! En my bacon en eiers was baie lekker!!!

Christa, klink of julle klas lekker lewendig is. Maar ja, probeer maar jou rug beskerm met al daai oefeninge.

My sussie glo in lansinoh nipple room, sy het vir my daarvan gegee vir Stefan. Dit werk lekker om jou tepels voor te berei vir borsvoeding en in stand te hou. Maar as jou tepels reeds stukkend is, gebruik Bepanthen boudjie salf. Dit is excellent vir gesond word!

Gerne, dankie vir die raad oor ACC200, ek het gisteraand een gedrink en dit maak 'n reuse verskil. Maar ek sal nou nie 2, 3 keer 'n dag drink soos die aanwysings se nie...

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #89044 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re:Oktober mammies 2010
Hhhhhhmmmmmmm Gerne, jou man het Tequila gedrink en jy het babelas! Klink soos ons wat swanger is en hulle wat cravings kry! :laugh: :laugh: :laugh:

Elise Avon is 'n goeie idee! Mens kan altyd doen met die ekstra geld! Give it a go!

Gerne die borsvoorbereiding is eintlik heel eenvoudig. Hou dadelik op om jou borste met seep te was, as jy nie skoon voel nie gebruik Elizabeth Anne's se babasjampoe daarvoor. Dan moet jy jou borste laat lug droog word na bad of stort. Smeer olie of room rondom die areola(bruin tepel gedeelte) op die bors en dan nipple room op die areola. Sy het ook gese ons moet minstens drie maal vir so 10 minute elke keer topless tan voor baba kom. Jy moet ook glad nie aan jou borste druk of trek of karring nie! 'n Vrou het 'n borspomp op haar borste getoets toe sy so 26 weke was en toe in kraam gegaan! Lekker mal!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #88979 by Elise
Replied by Elise on topic Re:Oktober mammies 2010
More mammies

Hoop julle het lekker geslaap, ek het nie te bad geslaap nie was net 1 keer wakker om te gaan piepie en weer daarna so lekker gedoedoe.

Christa jammer oor daai seer rug en heupe ek weet goed hoe dit voel en dit kan baie seer wees. Ek weet nie maar ek dink ek sal elizabeth annes se nipple cream gebruik aangesien dit is well know brand is net my opinie.

Julle ek het vanoggend gedink om weer te begin avon te verkoop ek het dit al tevore gedoen vir extra geld en dit het nogals gehelp nou wil ek dit weer doen en al die geld vir baba gebruik of in die spaar rekening sit vir as dit nodig is dan het ek so bietjie extra!!! So wil enige iemand ietsie he?????????????????????? lol

Julle ek kry sulke snaakse feelings in my linkerkantste vlerkie(op my rug weet nie juis wat hul dit noem nie) en dan word dit pins en neadels dit is nogals seer.

Wel ek moet gou my werk gaan op datum bring en dan kan ek weer kom gesels

Samantha Mikayla Vermeulen Gebore 20 Septermber 2010 09h32 3.24 kg 51cm
1 week oud: 3.4kg
4 weke oud: 4.1kg
6weke oud: 4.65kg



File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account