file Oktober mammies 2010

16 years 2 months ago #89620 by stella
Replied by stella on topic Re:Oktober mammies 2010
more almal. oeps ek sien dis eintlik amper middag almal

hoop dit gaan goed met julle almal en dat julle ook heerlik rus vandag.

my naweek was rof - my skoonsus se 3 kids was by my, my man was weg. so ek was omtrent stokflou.

ek gaan more weer dokter toe - YIPEEEEEEEEEE !! voel of ek sooooo lank terug vri boeta gesien het.

gaan nou nou saam my man in dorp toe, ons moet kliente gaan aflaai by die lughawe, hoop ek kan so vinnig by die mall inloer, het nou regtig nog groter klere nodig, die ander sit nou nie meer so lekker nie. Darem net nog 12weke....

baai

[link=http://lilypie.com] [/link]

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #89601 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re:Oktober mammies 2010
Hi Nelita

Welkom terug!

Laat weet ons asb. hoe gaan dit met babatjie Dinsdag!

Ek gaan weer Woensag dr. toe, dan is dit 29 weke!! :woohoo:

Julle, ek is baie ontsteld, ek het tot dusver rekemerke gekry op my "lovehandles" en sye, en dit pla my nie, want ek kry maar altyd daar rekemerke as ek gewig optel. MAAR, tot my absolute onsteltenis het ek gisteraand 2 rekmerke langs my naeltjie gewaar! :(

Ek het so gehoop ek gaan niks kry op my maag nie, ja ek weet dis simpel! :P

Dis nie groot nie en dis net die begin, maar dis asof dit oornag verskyn het, ek sweer dit was nie 2 dae treug daar nie??

Nou gaan ek maar net nog meer en meer room smeer jong!!!

Lekker daggie, ekke alleen by die huis, June het gaan golf speel vandag, what's new??, ek gaan maar rustig le voor die tv!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #89587 by neln
Replied by neln on topic Re:Oktober mammies 2010
Hi almal!

Ek is darem nog hier en dit lyk of ek nou weer online is!!

Ek het die geselsies omtrent gemis. Hoop regtig dit gaan goed met almal.

Gaan Dinsdag dr toe en bring julle dan op datum!

Hoop almal het 'n fantastiese Vrouedag!

Stefan Johan Nel - 06/10/10, 4.225kg, 53cm
11 weke - 6.4kg

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #89537 by Handjievol
Replied by Handjievol on topic Re:Oktober mammies 2010
Hi almal

Ek se gou hallo so oor die naweek.

Elise hoe was jou ooievaars toe? Seker lekker.

Carmen geniet die partytjie.
Jou fotots lyk stunning.

Ons is baie soet geeet aan koek vannaand. Het darem lekker partytjie gehou.

Lekker naweek verder vir almal, sal weer later inloer.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #89532 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re:Oktober mammies 2010
Hi julle

Sjoe is nou moeg geshop! :cheer: Het laaste ding of 2 vir babakamer gekry en vir manlief bietjie klere gaan koop, glo my dit was tyd! :unsure:

Gaan nou na bday toe, julle moet lekker aand he!

PS: het foto's van my maag gaan laai op my gallery :woohoo:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #89529 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re:Oktober mammies 2010
Hallo daar al die mammas!

Elise, ek hoop jy het 'n heerlike party gehad!!!

Ek het ook Carriwell pads gebruik. Het al gehoor van dr. White, ek dink dis seker maar redelik dieselfde. Ek vat die keer 2 pakke saam hospitaal toe, laas keer moes ek my sus bel om vir my nog te bring.

Christa, ek gebruik baie baba poeier, dit help baie om baba bietjie droeer te hou veral met my lap doeke.

Julle moet oppas vir vaseline aan die boude as jy weggooi doeke gebruik, dit verminder die absorpsie van die doeke dan moet jy meer gereeld ruil. Maar vir daai eerste paar dae is dit great, hulle pie pie inelkgeval so min aan die begin.

Geniet die res van die naweek!!

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #89508 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re:Oktober mammies 2010
More julle

Loer net gou in! Dankie, ek sal bietjie die Cariwell se pads uitcheck en dan koop :)

Lekker naweek julle!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account