file Oktober mammies 2010

16 years 2 months ago #89224 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re:Oktober mammies 2010
Sjoe Christa, en ek het gedink ek sukkel met my vel! Die lansinoh behoort goed te werk, dis van suiwer lanolin gemaak, die buisie se mens kan dit blykbaar selfs gebruik as jy allergies is vir wol... Ek neem aan lanolin is iewers van wol afkomstig...

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #89219 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re:Oktober mammies 2010
Dankie Anina, sal die naweek gaan Bepanthen koop. Sal maar eers gou by Checkers en Pick'nPay gaan kyk wat hulle vra voor ek by Clicks koop.

Ek het net so sensitiewe vel! Dit oorreageer op alles! Van seep tot rome wat ek aansmeer! My vel reageer tot op sykouse! Dit kan my darem lekker laat brand! Selfs die water wat deesdae so vol chloor en goed is laat my vel jeuk en brand! Ons het 'n spesiale stortkop met een of ander koolstof filter in wat meeste van die goed opvang en die water sagter maak. Die oomblik as die filter begin vol raak, begin ek weer jeuk. So ek tref liewer voorsorg as wat ek agterna met allerhande eina gevolge sit!

Dis die hormoon wat sy genoem het! Dankie Anina!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #89205 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re:Oktober mammies 2010
Christa, R49.99 klink vir my goed, ek dink dis maar die algemene prys. Die goed was baie goedkoper vir 'n rukkie laas jaar, toe het ek baie gekoop. En toe skiet die prys die hoogte in...

Ralmarie, ek glo ook in die natuurlike ding, maar Stefan het my stukkend gesuig! Ek het 'n baie sensitiewe vel, so ek dink nie my ou velletjie was bestand teen die vreeslike behandeling nie. En hy het perfek gelatch! Dit was defnitief nie die probleem nie.

Die hormoon waarvan jy praat is Oksitosien (oxytocin). Dit is die hormoon wat kontraksies aan die gang sit en onderhou gedurende kraam. Dit is ook die hormoon wat afgeskei word gedurende seks... Dis hoekom mens soms 'n stywe magie het na die tyd... en hoekom hulle se seks kan kraam help aan die gang kom as jy vol term is.

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #89194 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re:Oktober mammies 2010
Ralmarie baie geluk met Rachelle se verjaardag! Hoop julle almal geniet dit! Lekker koek eet en partytjie hou! :woohoo: Sterkte met al die beplanning! Span maar weer vir Ludwig in vir die koek bak!

Jy is gelukkig dat jy nie seer borste gesukkel het nie! 'n Natural met die borsvoed!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #89160 by Handjievol
Replied by Handjievol on topic Re:Oktober mammies 2010
More almal

Ek het redelik baie om gedoen te kry voor more. Hou Rachelle se partytjie more. So as ek nie weer voor 5 hier uitkom nie, geniet jul naweek.

Christa ek het nog nooit enige iets aan my borste gesmeer nie. Geen voorbereidings of iets nie. Nog nooit gebarste nipples gehad nie of enige iets nie. Ek glo maar aan so natuurlik moontlik. Glo my Eva het nie salf saam gekry toe sy moes kraam nie. LOL. Toemaar net my opinie. Wou net se ek glo nie al die goed is nodig nie.

Ek dink ek moet bietjie mall toe as ek 'n tydjie kry om te kyk watter pj's al in die winkels is. Seker iets meer somerrigs.

Tot later.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #89156 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re:Oktober mammies 2010
Gerne, snuif jou vriendin se ma iets! 'n Naelborseltjie???!!! Arme tepels!!!!

Jy kan dadelik met die nipple room begin. Van die ander vroue wat saam met my was is nou eers 26 weke en sy het ons almal gese om dit te doen. Ek glo hoe gouer hoe beter! Ek het 'n Bennets sample nipple room by baba expo gekry en sommer vanoggend daarmee begin. Ek sal dan maar die Lansinoh koop, het ook al gehoor dis fantasties! Vir borste wat nie seer is nie, is dit die moeite werd!

Bepanthen is tot Sondag by Clicks R49-99 op special. Is dit 'n goeie prys, of sal ek dit elders teen 'n beter prys kry?

Die trek en karring aan die borste aktiveer blykbaar die hormone wat kraam tot gevolg het. Sy het die naam gegee, maar ek kan nie onthou nie.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #89148 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re:Oktober mammies 2010
Christa, ja die Lansinoh is so duur. MAAR dit hou LANK!! Jy hoef regtig nie die groot buis te koop nie. Koop die kleintjie en gebruik soveel soos wat jy lipice op jou lippe sou gesmeer het op 'n slag. Jy behoort tot op 3 maande te voed sonder om nuwes te koop. (en as jou borste dan nog steeds kraak, gaan NIKS help nie...) Ek het net die eerste 6 weke of so probleme gehad, dan is jou nippels gewoond aan die borsvoed en word dit nie meer seer of stukkend nie.

Koop eerder baie Bepanthen! Jy kan dit vir boude ook gebruik en dis great! Jy hoef dit nie af te was nie, ek het dit ook gewoonlik na 'n voeding aangesmeer as die tepels stukkend is. So teen die tyd dat boeta weer drink is dit lankal geabsorbeer. Maar die briefie in die pakkie se defnitief jy hoef dit nie af te was nie.

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account