file Oktober mammies 2010

16 years 2 months ago #87171 by stella
Replied by stella on topic Re:Oktober mammies 2010
Hallo Almal

Sien julle darem nie te erg gechat vandag nie - kon darem al die posts lees

waar is gerne ? ek sien dan glad nie post van haar nie ????

ek het besluit om elke aand moomie op te vang - want anders gaan le ek 7hr voor die tv en dan raak ek aan die slaap, en teen die tyd wat ek moet gaan slaap in my bed, dan is my heupe sooo seer, ek kan nie aan die slaap raak nie.

het vandag nog preggie broeke gaan soek, maar ek kry net aaaaaaaaklige goed in die winkel. Ek moet vrydag weer in dorp toe, sal dan maar weer probeer vir iets soek. Moet my skoonsus se 3 kids gaan haal, hulle kom die naweek by ons bly. hulle is regtig baie soet, maar ek is net glad nie lus vir 3 kids die naweek nie. wil net le en vrot

lekker aand = praat more

[link=http://lilypie.com] [/link]

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #87169 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re:Oktober mammies 2010
Hi julle,

Skuus ek was die heel dag MIA...

Ek is mos lekker siek so ek was gou met Stefan dokter toe vanoggend, ons afspraak was vir 9:45 en toe wag ons vrek lank. Toe kry boeta 'n poef doek (in die middel van die dag???) toe moet ek huis toe ry om doek te ruil voor ek kan gaan medisyne kry. Ons was op die ou end 1 uur weer by die huis. Dit maak my altyd vies, al wat jy wil doen as jy siek is, is om in die bed te bly. Nou moet jy rondry dokter toe, apteek toe ens ens ens en as jy jou weer kry is die dag verby en jou bed nog opgemaak. Natuurlik wou Stefan ook nie slaap toe ons eers by die huis kom nie. So daar was nie veel rus vir my siel nie.

Hopelik is more beter! Ten minste weet ek ek gaan 'n bars hou slaap vannaand!!

Christa, eks bly dit gaan so goed met jou seuna! Klink na 'n lekker groot baba.

Ralmarie, geniet jou wassery, doen dit solank jy kan. Jy gaan tien teen een, een van die dae min energie he vir al daai takies. Hou maar net die bene toe dat boeta nie nou al kom nie.

Carmen, ek dink ook opvoedkundige speelgoed is nice. Mens kan ook saam span en 'n foto sessie koop.

Helene, ek sal more kyk of ek kan inskryf vir daai kompetisie, ek moet nou gaan survivor kyk!!

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #87134 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re:Oktober mammies 2010
Lekker aand almal! :P

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #87114 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re:Oktober mammies 2010
Carmen ek was by huisdokter. Hy se dis te moeilik om te skat, maar dit gaan 'n lang baba wees! Aard dus na sy pappa! :P Glo my daai 2kg hang swaar aan my lyf! :huh:

Dok het bietjie geskrik want mamma se bloeddruk is baie laag! Was maar 100 oor 60. Maar ek het nie te sleg gevoel nie, wil nie weet wat dit is wanneer ek voel of ek besig is om dood te gaan van duiseligheid en naar nie en dan boon-op nie kan regop bly nie. :ohmy: Dis scary m so te voel!

Waar is almal nou? Is julle dan so besig?! :blink:

Waar is die maag fotos? Julle het almal belowe!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #87003 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re:Oktober mammies 2010
Ek is sooo bly alles lyk 100% Christa!

Sjoe, al 'n hele 2kg! :woohoo: :woohoo:

Hoe lank skat gynae is Mare nou??

Toemaar, ek het ook nie op die oomblik energie nie...

Ek dink die speelgoed is 'n goeie idee, sal bietjie by P&P gaan loer!!

Ek stem Helene sal maar later weer so 'n kompetisie moet hou vir ons 1ste mammas!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #86981 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re:Oktober mammies 2010
Hallo almal! Dit gaan voor die wind met baba en mamma! Boeta weeg nou al 2055g! Hartjie was 153bpm en klein klits wys vir die hele wereld sy tolleman! Ek kan nou nie meer wag nie! :woohoo:

Anina en Carmen hoop julle voel sommer gou beter! :)

Ralmarie hou jou in vrou! Vat dit kalm! Ek hoop nie jy gaan meubels ronddra nie! Wens ek kan bietjie van daai energie kry! My futloosheid het weer ingeskop! :dry:

Carmen wat van opvoedkundige speelgoed? Almal koop altyd poppe en bere en sulke goed. Pick'nPay het blykbaar vreeslike oulike speelgoed, weet net nie van watter ouderdom af nie. Het sy al een van daai skopmotorfietse? Kinders is mal oor daai goed! En hulle kan jare daarmee ry. :P

Helene daai hout-diertjies lyk te oulik! Jy sal maar later weer 'n kompetisie vir al die nuwe mammas moet hou! :silly:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #86938 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re:Oktober mammies 2010
Ja nee, goeie werk Ralmarie met die mure was! :laugh:

Ek sal bietjie manlief vra om foto van die maag te neem noudat ek in week 28 is! :woohoo:

Oraait, en ek piepie sover nogsteeds elke halfuur, wat de hel?? :laugh:

Ons gaan Sondag na baie goeie pelle van ons se dogtertjie Mignon se 1 ste bday party! Ek sal vir julle 'n foto'jie neem van die uitnodiging, dis te pragtig gedoen! Dis 'n "Hello Kitty" theme ;)

Maar nou vra ek, wat koop mens vir 1 jarige, behalwe klere, want ek dink hulle wil juis nie he dat mens klere moet koop nie, Mignon het genoeg!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account