file Oktober mammies 2010

16 years 2 months ago #86693 by Elise
Replied by Elise on topic Re:Oktober mammies 2010
more julle

Hoop julle het almal so lekker naweek soos eke gehad, al het manlief gewerk saterdag darem nie heel dag nie hy was so net na 2 by die huis.

Gister het ons eventually baba kamer gedun hy het begin om vensters te vervang want daai vensters is bietjie lelik. Toe het ons mooi skoon gemaak en hyt babatjie se cot opgeslaan nou lyk dit soos n baba kamer jipeeeeeeeeee nou gaan ek net die kamer mooi pak en en sodra ek my boude van die bed af kan kry lol en dan kan ek vir julle pixs op sit.

Julle sal nie raai wat nie my abses het besluit om terug te kom gelukkig het ek hom vroegtydig gevoel en met sout water begin spoel elke uur as ek onthou nou voel hy darem weer beter ek het gesien hoe huil ek weer my nagte om van pyn so toe maak ek baie vinnig plan

Christa geniet daai afspraak myne is eers die 24 ste weer dit suck

Weet julle wat ons klink soos n klomp ou vrouens in ons negentigs soos wat ons moan en eintlik is dit onnodig want dis n voorreg wat ons het maar ons is ook net menslik ek het gister aand so lekker geslaap nie 1 keer wakker geword van seer heupe nie wens dis elke aand so.

Wel ek moet aan die skoon maak kom so geniet julle daggie

Samantha Mikayla Vermeulen Gebore 20 Septermber 2010 09h32 3.24 kg 51cm
1 week oud: 3.4kg
4 weke oud: 4.1kg
6weke oud: 4.65kg



File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #86633 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re:Oktober mammies 2010
More julle almal!!

Christa, geniet jou afspraak!!

Ek moet se, ek kan ook die 3de trimester voel aan my lyf!

Ek het darem nog nie krampe nie, en geen sooibrand nie :woohoo: MAAR ek hou weer water terug want die trouring wil nie meer lekker pas nie. En ek voel soos 'n blaasoppie!

Ek is baie uitasem as ek 'n entjie loop en my voete raak gou moeg, so ek stap nie te ver nie, dan is ek moeg! ;)

Vanoggend is my blaas weer MAL!!! Ek was nou al 5 keer toilet toe en dan is daar letterlik 5 druppels, my blaas pyn sommer van die drukking! :laugh:

Kyk, ek voel mos nog nie woeste skoppe en dinge nie, maar ek is darem nou baie bewus van haar bewegings en kan duidelik die bubbles voel. Manlief kan darem ook nou al voel as sy beweeg! :woohoo:

Toemaar Petro, ek voel jou pyn met die matrenity broeke wat styf sit! :( Ek weet sommer daai skaal gaan kreun as ek volgende week weer dokter toe gaan, ek kan voel hier was weer 'n drasties sprong in gewiggies!

Gaan vanaand vir eerste klas, sal julle laat weet hoe het dit gegaan!!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #86617 by Handjievol
Replied by Handjievol on topic Re:Oktober mammies 2010
More almal

Ek sien die laaste stretch begin nou sy tol eis hierso. Gelukkig is dit nou nie meer lank nie.
Ek het nog honderd en tien goed om klaar te maak. Ons badkamer is darem nou uiteindelik klaar geteel, nou moet ons kamer se goed en alles weer terug skuif. En natuurlik die groot was en skoonmaak.

My gordyne is toe nooit klaar gemaak nie, my masjien het besluit hy wil nie meer nie stop en en bly aaneen werk. Het hom verlede Dinsdag al ingegee, so ek hoop ek kan hom vandag kry.
Die gordyne moet klaar en daai duvethie wat nof net 'n voorkant het.

Christa geniet daai afspraak. Ek moet wag tot 1 September vir my volgende afspraak. Dit voel soos 'n eeu ver.

Annalize bly om te hoor dis alles normaal. Ek moet se ek het dit ook nog nie weer gekry nie. Sterkte met die werkery jy is baie braaf.

Petro kom ons hoop die sooibrand bly weg tot die einde. Dalk het baba bietjie af beweeg en is nou nie meer so hoog nie.

Anina daai krampe is niks lekker nie. Ek het ook so ruk terug baie gesukkel met my bene wat kramp in die nag. Dis darem nou beter, so hoop joune gaan ook vinnig oor.

Helene, ja ek hoor jou, hierdie geselsies kan nogals baie van mens se tyd steel. Ek probeer maar om elke aand so bietjie op te vang.

En aan al die siekes en die wat sinus het, sterkte en hoop dit klaar gou op.

Lekker dag vir almal, ek het weer energie vandag en wil bietjie skoonmaak begin. MEt die vier kiddies gaan dit nie net eenkeer se behoorlike skoonmaak verg nie.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #86576 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re:Oktober mammies 2010
More Mammas!

Ek is oppad dokter toe, loer net gou in om hallo te se!

Annalize, Helene en Petro ons mis julle drie! Julle is so vrek stil! Sarah, good to hear from you again as well!

Ek het darem nie afskeidings of krampe nie! Maar is deesdae 'n emosionele wrak! Huil vir alles! Ek slaap so sleg en bly tot die dood toe moeg! Het vanoggend 03:45 sommer in trane uitgebars van moegheid! En ek voel soos 'n swanger olifantkoei! My maag voel enorm! :huh:

Lekker dag! :)

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #86533 by Estione30
Replied by Estione30 on topic Re:Oktober mammies 2010
goeienaand meisies, sjoe kan nie glo more is alweer maandag nie.

ralmarie, moenie stress oor die afskeiding nie, ek het ook so dik geel afskeiding. ek het my vroedvrou verlede week daaroor uitgevra en sy reken as dit net die afskeiding is sonder enige reuke en so is dit 100% normaal. iets met hormone te doen.

julle sal nie glo wat het ek aangevang nie.... ek het vrydag begin werk. hehehe.... op ses maande swangerskap. waar opdees aarde is my kop? ek het nie nodig om te werk nie, maar het my eks baas gebel en hom gevra of ek nie net vir die dag bietjie op sy senuwees kan kom werk nie toe vra hy my terug.

my man het gese ek moet dit twee weke gee en sien hoe ek voel. ek geniet dit so om tussen grootmense te wees en iets konstruktiefs te doen, maar weet nie of die afgelope 18 maande by die huis my bederf het nie. sal julle laat weet.

ai, ek het die avent special gemis en was vandag by pick & pay hypermarket. het wel R600 se doeke gekoop. my man het amper 'n oorval gehad. nou het ons doeke vir die volgende 5 maande. kon myself nie help nie, twee jumbo packs huggies gold vir R300 dan kry mens 'n pak walkers nappies verniet ter waarde van R120.00, toe vat ek sommer twee. ek dink nie hy gaan my weer alleen winkel toe stuur met sy debietkaart nie. lol...

verder gaan dinge goed en is ek bly almal se kleingoed groei mooi.

mammas, los die gewig, julle babas wil sag slaap in daardie moeder arms ne.

geniet die week, sal weer probeer inloer.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #86514 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re:Oktober mammies 2010
Helene, ons het jou gemis.

Petro, ek voel ook effe dik al weet ek dis nie waar nie. Ek het gister op die skaal geklim en toe vinnig weer afgespring want dit lyk vir my te veel. Ek gaan maar van die skaal afbly!

Ek se nou die dag vir Johan dit voel asof my heupe al klaar uitmekaar skuif, met Stefan het dit eers heelwat later gebeur. Toe antwoord hy: Ja, ek kan sien jy waggel al. Ek was nie impressed nie, maar nou ja, dis seker deel van die ding.

Ek kry ook krampe van vanoggend af. Ek onthou ek het met Stefan ook krampe gehad in my voete en kuite en die nr 8 tissue sout het regtig gewerk. Maar ek het nou nog niks gedoen daarvoor die keer nie, en vanoggend het ek die ergste kramp ooit in my kuit gehad. Ek se julle, ek le liewers 3 dae lank in kraam voor ek weer so 'n kramp beleef!!! My man se my kuitspier was soos staal, en dit het vir my gevoel asof my skeen been wil middel deur breek soos die spier dit trek.

Ek het nou al vandag seker 10 nr 8 pilletjies in, en lekker baie arnica op die kuite gesmeer. So ek hoop dis nie vannaand weer 'n probleem nie.

Verder is Stefan ook nou siek, so ek dink ons twee gaan maar more eerder dokter toe as skool toe...

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #86512 by stella
Replied by stella on topic Re:Oktober mammies 2010
het vandag met my een vriendin gepraat wat in Zimbabwe bly - sy het 26kg opgetel met haar swangerskap en weer alles verloor. I think i might just die

[link=http://lilypie.com] [/link]

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account