file Oktober mammies 2010

16 years 2 months ago #81284 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re:Oktober mammies 2010
hi julle

julle het my nou sommer opgewerk oor die tassie pak storie. Dalk moet ek maar myne ook reg kry :)

Elise, klink vir my jy vat baie goed saam. Chill girl, alles sal okay wees :P Het jou hospitaal nie vir jou 'n lys gegee van wat hulle voorsien en wat jy MOET bring nie? Party hospitale is vreeslik spesifiek en vra dat jy moet goed bring.

Ek weet in die hospitaal se doeksak was daar al die badgoed, doeke, wipes, maternity pads en kan nie nog onthou nie. So ek het net sy klere, kombersies en spoegdoek gevat. Ek het glad nie ekstra badgoed gevat nie, dink net vaseline en spirits.

Met normaal kraam bad hulle gewoonlik net een keer die baba, nie seker oor keiser nie.

Ek het net 'n week terug 'n foto van my boep opgesit :)

Carmen, geluk met die geboorte van die baba!!!


PETRO, die skeur is regtig nie so erg nie. belowe :) dit word so gou gesond en dan weet jy nie eers jy het geskeur nie.
en onthou, dis nie te se jy gaan skeur nie ne.

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #81260 by Handjievol
Replied by Handjievol on topic Re:Oktober mammies 2010
More almal.

Elise hoop die sinus los jou sommer gou.

Anina en vir jou ook, hoop jy is more sommer weer op en top.

Petro, natuurlik stem ek vir die normaal. Dink so daaraan, 'n klein skeurtjie (as jy gaan skeur , nie te se nie) Teenoor 'n sny in jou baarmoeder en 'n sny op jou maag. Jy kan dit nie vergelyk nie.
Ek het nog elke keer 'n knip gehad, maar dit is regtig so gou oor. Dag nommer 3 is ek al weer in die dorp. Het wel met Ludwig die eerste week omtrent in die bed gebly (geen rede voor nie), maar dit was 'n lekker bederf.

Google bietjie birth stories en lees almal. Ek geniet dit nogals en daar is verskeie kategorie so normaal, epiduraal, en keisers en vele meer.

Dan wil ek net noem, (maar moenie worry nie dit gebeur omtrent nooit) dat daar is vrouens wat verlam is na epiduraal. So dis nie 100% veilig nie.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #81246 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re:Oktober mammies 2010
More julle!

My stiefsus se seuntjie is toe gister gebore!

Ek sal nou gaan babakamer foto's laai op my gallery, dis nog heeltemal klaar nie, ek kort nog my rakke teen die muur en ook my changing station wat nog moet in, maar dis 99% daar :-)

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #81221 by Elise
Replied by Elise on topic Re:Oktober mammies 2010
ja nee anina lyk my ek sal maar eerder n tassie moet pak die sak gaan nie werk as ek so daarna kyk nie dit is hopeloos te klein.

Die sakkie idee klink na n blink plan dalk sal ek dit ook probeer ek kry als solank by mekaar maar so dom soos ek is dink ek nie daaraan dat die goedjies nog gewas moet word nie ai dis nou vir jou n ding

Samantha Mikayla Vermeulen Gebore 20 Septermber 2010 09h32 3.24 kg 51cm
1 week oud: 3.4kg
4 weke oud: 4.1kg
6weke oud: 4.65kg



File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #81203 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re:Oktober mammies 2010
Hi daar!

Petro, die skeur is regtig nie so erg nie. En soos Elise se, dit word vinnig gesond. Ek weet nie wat die verskil is in risiko vir skeur met of sonder 'n epiduraal nie. Maar daar is baie dinge wat jy kan doen om jou kanse op skeur either way te verminder. En normaal kraam is 'n ongelooflike ervaring waaroor jy vir die res van jou lewe stories sal vertel.

Elise, ek het ook vanoggend verkoue. Ek het sommer inni bed gebly vandag sodat ek 'n kans het om die verkoue hok te slaan voor hy my te vas gryp.
Ek dink 'n doeksak is te klein vir al baba se goedjies Elise. Jy moet onthou, 'n doeksak is iets wat jy winkelt toe vat ingeval baba iets nodig het. Pak eerder 'n tassie vir baba waarin alles gerieflik pas.

Ek het laas elke pakkie kleertjies met 'n vessie en kousies in 'n ziplock sakkie gesit en so ingepak. Dit maak dit bietjie makliker in die hospitaal om net nog 'n pakkie uit te haal en aan te trek. En dan het jy die sakkies vir die vuil klere (veral as hulle nat gepieps is!) Dit het baie lekker gewerk.

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #81180 by Elise
Replied by Elise on topic Re:Oktober mammies 2010
MOre mammies

Ralmarie bly dit gaan so goed met boetie

Wel dit is soos n disco hier binne my maag vanoggend en ek geniet dit so dit is net te wonderlik.

Petro ek so regtig eerder normaal gegaan het met skeur of nie dit is regtig nie so erg nie sout bad water fix dit vinnig. Met normaal herstel jy soveel vinniger as met n keiser en jy gaan soveel gouer huis. Ek hoop en bid net ek kan nog vir normaal gaan even al is dit met induksie op 38weke ek sien regtig nie uit na die keiser nie maar ek moet by se dit lyk my die toetse het negatief terug gekom want sy het my nie gister gebel nie en sy het gese as sy bel moet ek asap in kom as sy nie bel nie hoef ek nie bekommerd te wees nie dan moet ek haar net weer donderdag kom sien dat sy die bloeddruk weer kan toets dan hoop ek sommer sy doen weer n sonar dan kan ek weer vir snookums sien.

Ek dink ek is besig om verkoue te kry of ek het net sinus vanoggend ek nies al heel oggend deur en my neus is toe.

Christa het jy nou gedink ek gaan noot vir noot mis as ek weet bobby is daar op? Natuurlik het ek vir hom gekyk en hy was te oulik.Ek moet se ek dink die broek pj's gaan bietjie moeilik wees die 1ste dag omdat met die keiser met epiduraal kry jy n kateeter in maar ek dink as jy dalk n kort broekie aantrek kan dit werk ek dink ook ons moet net kyk na pj's wat maklik toegang gee vir borsvoeding anders mag ons dalk sukkel. ek sal sommer by mr price pep en ackermans gaan kyk vir pjs wat die beste gaan werk.

Julle ek dink my doek sak is te klein vir als wat julle se ons moet in pak sjoe ek kan net sowel sy hele laai kas hospitaal toe vat dit gaan net makliker wees lol.

Kom girls waar is die belly pics?

Lekker daggie

Samantha Mikayla Vermeulen Gebore 20 Septermber 2010 09h32 3.24 kg 51cm
1 week oud: 3.4kg
4 weke oud: 4.1kg
6weke oud: 4.65kg



File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #81139 by stella
Replied by stella on topic Re:Oktober mammies 2010
more almal

ralmarie - ek is bly boeta groei soooo mooi. jy gaan sommer 'n lekker groot knaap he

ek wens actually ook die tyd om - kani nou meer wag vir die ou baba'tjie nie. seker maar hoe 'n 1ste mammie is.

en ek dink actually daaraan om my mind te change - wou mos keiser he, maar nou oorweeg ek actually normaal met epiduraal. ek weet nie wat hou my terug nie................o ja ek weet...........die vaginale skeure....dis klink net soooo seer. weet een van julle of mens se riskio om te skeur minder is met 'n epiduraal as sonder een as mens normaal kraam ???

[link=http://lilypie.com] [/link]

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account