file Oktober mammies 2010

16 years 2 months ago #81335 by Pampoenpit
Replied by Pampoenpit on topic Re:Oktober mammies 2010
hallo my mede moomies!! Ek is so bedrywig, ek kom nie by chat uit nie. My bediende het maandag bedank en nou hol ek rond soos n mal ding.

ek is vandag 28 weke en die 3de trimester realiteit slaan nou deur. Ek voel soos n olifant en ek eet asof dit uit die mode gaan. As ek McDonalds toe gaan, bestel ek sommer LARGE meals! Ek bly ook uitasem!

Ek sien julle praat oor hospitaal sakkie. Ek gaan maandag weer dr toe en sal dan my bed gaan boek. Ons wou met die 4D, maar toe het daar weer iets voorgeval en kon ons nie daarby uitkom nie. Ek weet ek het laas maar ingepak wat die hospitaal gese het.

Oja en dis die naweek Baba Indaba by ons!!! lekkerrrr. En ek moet bieg, aangesien ek nog niks vir my baba gekoop het nie. Gaan ek die naweek SHOP, my man moet maar net sy kaart reg hou!

carmen ek het jou kamer fotos op fb gesien. Dit lyk stunning!!

Eerste Baba: Seun, 01/09/2008
Tweede Baba: Seun, 5/10/2010
Woon in Kaapstad, en is al 7 jaar gelukkig getroud.


[/link]


[/link]

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #81316 by Handjievol
Replied by Handjievol on topic Re:Oktober mammies 2010
Elise ek verbeel my jy het gese ook nie prestik nie. Ek het nog met Ludwig die oulikste bere gekry wat ek weerskante met disifix (spelling) geplak het en toe met prestik teen die muur vasgesit het. Dit hou nog al die pad en gaan dit weereens gebruik. Hang seker af watter verf op die mure is, want myne laat nie kolle agter nie. O ja, vind bietjie uit ek dink suikerseep haal sulke kolle af. Weet dit werk vir vetkryt.

Dan kan jy dit plak en na die tyd met suikerseep afwas.

En as dit vir boetas en sussas prentjies is soos myne gaan dit jare hou. Tensy jy 'n ander tema wil maak volgende keer.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #81306 by Elise
Replied by Elise on topic Re:Oktober mammies 2010
dis die ding gerne my man het gese ek kan dit opsit as ek iets kan kry wat nie merke los nie en ook geen spykers in die mure ni

Samantha Mikayla Vermeulen Gebore 20 Septermber 2010 09h32 3.24 kg 51cm
1 week oud: 3.4kg
4 weke oud: 4.1kg
6weke oud: 4.65kg



File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #81297 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re:Oktober mammies 2010
Elise, wat van double sided tape? ek het dit gebruik om die alfabet teen die muur te sit, dit los maar net 'n lelike merk teen die muur as jy dit afhaal. al waaraan ek kan dink.

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #81295 by Elise
Replied by Elise on topic Re:Oktober mammies 2010
Gerne ek kyk maar net na al die goed wat anina gese het ons moet vat 5 stelle kleure 4 receiving blankets spoegdoeke nappies sakkies vir vuil kleure en en en sjoe dan begin ek wonder jong.

My hospitaal het ons nie eens n toer gegee met die bedboek nie so hul het ook nie vir my n lysie gegee nie?

Samantha Mikayla Vermeulen Gebore 20 Septermber 2010 09h32 3.24 kg 51cm
1 week oud: 3.4kg
4 weke oud: 4.1kg
6weke oud: 4.65kg



File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #81293 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re:Oktober mammies 2010
Ralmarie, bly dit gaan goed met boetie! hy is ook al 'n lekker stewige gewig ne! Ag my hard raak so bly as ek hoor hoe goed dit met ons almal gaan, ons is geseend.

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #81287 by Elise
Replied by Elise on topic Re:Oktober mammies 2010
dankie ralmarie ek hoop ook so is glad nie lus vir verkoue nie manlief sal elkgeval so worry hy wil nie he ons moet siek raak nie.

Ek is 100% agter jou met daai normaal geboorte dis hoekom ek hoop ek kan nog vir die normaal gaan. ek is ook nogals bang vir die epiduraal storie het ook al baie klagtes daarvan gehoor en ek glad nie tenginste daarvan nie maar indien ek nou nie n ander keuse het as die keiser nie verkies ek die epiduraal bo narkose ek wil wakker wees as my baba die 1ste keer huil ek wil dit nie mis nie so dan moet ek maar staan vir die epiduraal of ek nou wil of nie. Maar ek moet se ek raak die idee van die keiser so stelsel matig gewoont ek weet as dit so bestem is gaan dit so gebeur of ek dit nou wil he of nie so ek stel my siel maar gerus om te weet die Here sal laat gebeur wat die beste vir my baba is.

Carmen daai kamer is pragtig jy het my nou vuur en vlam om aan te gaan met myne so, so dra ek die kombuis kla gemaak het gaan ek daar in val en verder begin aan die kant maak.

Dalk kan julle my help ek soek n manier om prentjies teen die muur op te sit maar nie met prestiek of iets wat kolle na n rukkie maak nie?

Samantha Mikayla Vermeulen Gebore 20 Septermber 2010 09h32 3.24 kg 51cm
1 week oud: 3.4kg
4 weke oud: 4.1kg
6weke oud: 4.65kg



File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account