file Oktober mammies 2010

16 years 2 months ago #81876 by stella
Replied by stella on topic Re:Oktober mammies 2010
more almal

ek het so lekker geslaap, vanoggend 6 uur vir die eerste keer wakker geskrik met een groot pipi.....


ek is vas aan die slaap egter, voel of ek net nog wil slaap vanoggend. seker maar lui omdat dit vrydag is

en O ja - ek word more die groot 30. ek kan nie glo ek kwalifiseer amptelik ook nou as oud. hahahaha, net 'n grappie


so wat is julle almal se planne vir die naweek.

[link=http://lilypie.com] [/link]

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #81875 by Elise
Replied by Elise on topic Re:Oktober mammies 2010
More mammies

Hoop dit gaan goed op die vrydag oggend. Ek het glad nie lekker geslaap gister aand nie weet nie hoekom nie dis net asof iets gepla het so ek is nogals moeg vanoggend sal maar besig bly deur die dag voor ek omkap.

Wel ek het lekker die kombuis skoon gemaak gister nou gaan ek vandag weer in die baba kamer in val dit moet nou na n punt toe kom dit vat nou te lank na my sin.

dit is nog so vroeg en ek is kla so honger soos n bees so ek gaan nou maar gou vir my pappies maak dalk voel ek dan beter.

Lekker daggie

Samantha Mikayla Vermeulen Gebore 20 Septermber 2010 09h32 3.24 kg 51cm
1 week oud: 3.4kg
4 weke oud: 4.1kg
6weke oud: 4.65kg



File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #81868 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re:Oktober mammies 2010
Goeie more almal! Jippppiiiieeeeeeeee!!! Dis Vrydag!!! :woohoo:

Ralmarie, dankie vir daai prentjies! Ek oorweeg ook ernstig om soos Anina maar 'n lap te verf. :huh:

Die borduurprentjies wys nie. Het jy dalk 'n link waar mens daarna kan gaan kyk?

Elise jy moet dit kalm vat vrou! Lyk my jou "nesting" fase het in alle erns ingeskop! Ek is ook op die alles skoonmaak en voorberei, wens net ek het meer tyd daarvoor gehad! Saterdae is al wat ek het, so dit sal maar moet doen. :blink:

Carmen jy is gelukkig om nie ssoibrand te kry nie! Het jy nie die oggendnaar ook geskip nie? Lucky devil! ;)

Julle '81 babas laat my soos 'n ouvrou klink! Ek is 'n '71 baba. :blush: Moet egter se ek voel niks ouer as 25 nie! So dit maak my 'n nie-amptelike '85 baba! :woohoo:

Lekker dag almal! :P

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #81780 by Handjievol
Replied by Handjievol on topic Re:Oktober mammies 2010
Hier is borduurmotiewe met vissies op.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #81765 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re:Oktober mammies 2010
My rekenaar is stadig vandag! Jitte maar dis frustrerend!

Carmen, ek is ook 'n '81 baba! En geluk met jou tannie status!

Dankie vir die prentjies Ralmarie, soos ek gese het ek gaan maar prentjies op die lap verf, so dit help baie!

Ek is ook die heel tyd honger, en ek raak lekker uitasem as ek die trappies klim.

Lekker aand vir julle!

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #81713 by Handjievol
Replied by Handjievol on topic Re:Oktober mammies 2010
Sjoe my internet is vanmiddag baie stadig.

Lyk my almal is stil so ek groet ook maar solank.

O ja ons eet pap en wors vannaand.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #81685 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re:Oktober mammies 2010
Hi julle

My man lyk my gaan vanaand 'n hoendergereg maak, pas my alte goed!! :silly: Hy geniet kook baie meer as wat ek doen!

Ok, ek het nou net 'n pakkie chipos en 4 koekies deurgewerk :blink:

Julle moet almal 'n lekker aand he!

Gesels weer more!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account