file Oktober mammies 2010

16 years 2 months ago #81450 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re:Oktober mammies 2010
Hi

Elise, ek het alles vasgeplak met double sided tape. Ons plek is ook maar vol spykers in die mure, sal maar polly filla as ons trek die dag, daar is nie veel wat mens kan doen nie?

Helene, jammer oor daai bediende jong, maar sy het jou mos maar bietjie grief gegee anyway :-(
Het gisteraand beitjie weer gelees en week 26 is officially 3rde trimester, so hier gaat ons! :woohoo:

Ek is ook lekker uitasem! Veral as ek my skoene aantrek en as ek loop. Dis asof my longkapasitiet drasties afgeneem het! Ek klink soos 'n stoom treintjie as ek by die werk kom van die parking lot af! Ek was nie eers so uitasem toe ek volstoom gerook het voor die swangerskap nie :lol:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #81448 by Pampoenpit
Replied by Pampoenpit on topic Re:Oktober mammies 2010
ja christa, ek wou eintlik gehad het my bediende moes bedank, eerder as wat ek haar moet laat gaan. aan die een kant is dit goed, en aan die ander kant is ek nie lus om n nuwe een te soek of op te lei nie :angry: mens kan nie wen nie. ek sal maar kyk hoe lank ek sonder een kan klaar kom.

Eerste Baba: Seun, 01/09/2008
Tweede Baba: Seun, 5/10/2010
Woon in Kaapstad, en is al 7 jaar gelukkig getroud.


[/link]


[/link]

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #81442 by Handjievol
Replied by Handjievol on topic Re:Oktober mammies 2010
Julle iets wat ek nou net aan dink vir die hospitaal en dalk weet julle dit, maar pak tog ekstra panties in. Hang af hoeveel mens vloei na die tyd, gaan jy maklik deur en moet skoon aantrek. So onthou ekstra PJ's ook.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #81403 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re:Oktober mammies 2010
Helene sterkte vir al die werk! Minstens is jy nou ontslae van haar sonder dat jy haar moes afdank! Jy was mos nie gelukkig met jou hulp nie? Geniet daai Baba Indaba! En lekker shop!

Ek voel ook soos 'n walrus deesdae! Nie so uitasem nie, behalwe as ek my skoene moet aantrek en vasmaak! :blush: Wil ook net heeldag eet eet eet! Het al klaar vandag se broodjies vir middagete verorber! :blush:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #81372 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re:Oktober mammies 2010
Carmen Riley se kamer is adorable! 'n Regte dogtertjie kamer! :woohoo:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #81358 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re:Oktober mammies 2010
More almal! Mensig julle kuier lekker vandag!

Elise 'n brokkie goeie nuus omtrent die keiser! Hulle gee nie meer narkose nie! Jy kry spinale verdowing wat soos 'n epiduraal werk, dit hou so +- 'n uur en dan is dit uitgewerk! Narkose is nadelig vir baba, daarom word dit nie meer gebruik nie! So jy is volkome by jou bewussyn!

Ralmarie, bly dit gaan so goed met boetatjie en mamma! Hy word ook nou yslik groot!

Anina dis 'n briljante idee om baba se kleertjies in sakkies te verpak! So haal jy dan net 'n sakkie uit en jy het 'n hele uitrusting bymekaar! :woohoo: Plus die vuil klere is sommer klaar versorg! BRILJANT! Ek het ook een van daai klein tasse met die wiele, sal dit vir baba se goed gebruik.

Voor ek kan begin dink aan pak, moet ek eers al die goed was! Uuugghh! Ek was al ons wasgoed elke Saterdag, weet nie wanneer ek by boetie se goed gaan uitkom nie! Sal dit maar in die aand in die week moet doen! :huh:

Geluk Tannie Carmen met daai klein boetie! Hy en Rliey gaan lekker maatjies wees! :P

Elise en Anina hoop julle voel altwee gou-gou beter! Ek drink elke dag Echina Force en dit hou my verkouerigheid in toom. Dok het gese dis heeltemal veilig binne perke!

Petro sterkte met die besluit oor die geboorte! Moet tog net nie die post oor die Normal vs C-sec gaan lees nie! Die klomp sal jou totaal negatief oor enige vorm van geboorte maak! Dit was net 'n ge"bitch" (Verskoon my taal)!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #81354 by Handjievol
Replied by Handjievol on topic Re:Oktober mammies 2010
Helene lekker shop die naweek. Dit klink lekker.

Carmen ek het ook jou fotos gaan loer, wow dit lyk so mooi.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account