file Oktober mammies 2010

16 years 2 months ago #81610 by Elise
Replied by Elise on topic Re:Oktober mammies 2010
sjoe julle ek het sopas my kombuis van hoek tot kant gespring clean nou is my rug af nou moet ek nog kamer kla skoon maak want hy is nou deur mekaar. Ek weet nie wat om vir aandete te maak nie ek het net wors, chicken fillets en stirfry vleis oor en ek sien nou eers wat die tyd al is manlief kom al amper huis toe en ek het nog nie aan kos gedink nie.

Nes julle word ek bang honger eet net n bietjie en dan wil my maag ontplof en half uur later voel dit of ek weer n hele bees kan eet

Samantha Mikayla Vermeulen Gebore 20 Septermber 2010 09h32 3.24 kg 51cm
1 week oud: 3.4kg
4 weke oud: 4.1kg
6weke oud: 4.65kg



File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #81582 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re:Oktober mammies 2010
Hi

Christa, daai is baie oulik, ek is nou wel 'n 1981 baba, maar dis nogsteeds van toepassing :)

Jip, ek is honger, maar as ek eet dan blaas ek op soos jy nie sal glo nie, so ja die spasie het seker verminder!

Ek is baie gelukkig, geen sooibrand nog sover nie, touch wood, ek wil dit nie he nie, dankie :ohmy: Dalk is ek net gelukkig en kry dit ook glad nie!!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #81575 by Handjievol
Replied by Handjievol on topic Re:Oktober mammies 2010
Ag tog nou't hy 2 van dieselfde, hier is die border prentjie.

Attachments:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #81569 by Handjievol
Replied by Handjievol on topic Re:Oktober mammies 2010
Christa en Anina (ek is nou nie seker nie)
Kyk hierdie oulike borders met vissies, maar dit los nog nie die probleem op van materiaal nie. dis by: www.strawberrymoose.co.za


Attachments:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #81550 by Handjievol
Replied by Handjievol on topic Re:Oktober mammies 2010
Christa, dis 'n baie oulike en waar stuk daai. Ek gaan hom sommer copy.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #81498 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re:Oktober mammies 2010
Dankie Ralmarie! Sal dit in ag neem met pakkery!

Carmen ek dink baba begin al die spasie biine-in opneem. Ek sukkel deesdae om 'n bord kos te eet sonder om te voel of ek wil bars! Ek dink dis hoekom ons so aanmekaar wil eet! Jy kan nie genoeg op een slag inneem nie, dan bly jy half honger voel. ;)

Moet se ek voel nog nie moeg in 3de trimester nie. Het vandag amptelik net 2 maande oor! Dis scary! :ohmy:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #81492 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re:Oktober mammies 2010
Sommer vir die pret daarvan!

Is jy gebore tussen 1920 - 1979?
Lees tot die end die stukkie is vertaal in afrikaans die oorspronklike skrywer is Jay Leno .

Geniet!

Aan al die “kinders” wat die 1930’s tot 1970’s oorleef het!
Eerstens het ons leef terwyl ons moeders swanger was, al het hulle
aspiriene gedrink, blou kaas en vis uit ‘n blik ge-eet en is nooit getoets of hulle diabeties was nie.
Na al die trauma was ons in ons bedjies gesit op ons magies in ‘n kot wat oorgetrek was met helder kleurige lood basis verf. Ons het geen “kindvaste” deksels of proppe op medisyne bottles, deure of kaste gehad nie en geen kopskerms gedra as ons fietry nie… Om nie te praat van die risiko’s toe ons duim gery het nie.
As kleuters en kinders kon ons agter op die sitplek sit sonder veiligheids stoele, veiligheidsgordels of lugsakke.

Om agter op die bakkie te ry was groot pret en ons het water uit die tuinslang gedrink en nie uit bottels nie.
Ons het ons koeldrankies met vier vriende gedeel uit een bottel en niemand is dood daarvan nie.
Ons het sjokoladekoek en wit brood geëet met regte botter en “kool aid” met suiker gemaak om te drink, maar ons was nie oorgewig nie want…..
ONS HET ALTYD BUITE GESPEEL!
Ons het die huis verlaat in die oggend vroeg en het heeldag gespeel. Solank ons terug was as die straatligte aankom of voor die kerse aangesteek was.
NIEMAND kon ons kontak deur die dag nie en ons het almal veilig teruggekeer huistoe.
Ons het ure spandeer deur kaskarre te bou uit afval hout en yster en het dan teen die steilste bulte afgejaag, net om uit te vind ons het vergeet van die brieke. Nadat ons ‘n paar keer die kaskar omgegooi het en tussen die bosse ingejaag het, het ons geleer om die probleem op te los.
Die dogtertjies het die rokkies in hul broekies gesteek om ook in al die prêt te kon deel en niemand het iets daarvan gedink nie.
Seksuele molestasie was nie aan ons bekend nie en tiener swangerskappe was nie van gehoor nie.
Ook was daar nie tyd vir dwelms nie want ons ouers het nog genoeg vir ons omgegee om ons boude aan die brand te klits as ons iets ongehoords sou probeer doen.
Sondae het ons almal ons beste kleertjies aangetrek en kerk toe gegaan. GEEN verskonings om tuis te bly was aanvaarbaar nie. Braaivleis en partytjies op Sondae was uit. Ons het geweet wat “ses dae moet jy arbei en al jou werk doen en die sewende dag moet jy rus” beteken. Daar het ons geleer van liefde, respek, hoe om God te vrees en te vertrou. Dat vaders en moeders ge-eer moet word en ons monde met seep uitgewas SAL word wanneer ons vloek of teëpraat.
Boeke vat saans na ete was ‘n werklikheid en ons almal het aandagtig geluister want vrae is gevra oor die stukkie wat gelees was.
Ons was ook geleer hoe om elke aand voor ons bedjies te kniel en te bid.

Ons het nie “playstations”, “ninetendo’s”, “X boxes”, “wii”, of enige video speletjies gehad nie. “Shopping” vir ontspanning was nie aan ons bekend nie, en “label” klere was toe ook nog nie eers in “ China ” gemaak nie. Snobisme was ‘n galbitter vrug wat net in die Amasone “gegroei” het en sakgeld was “iets” wat net die Staatspresident van geweet het.
Ook nie 150 TV kanale, DVD’s of video flieks, selfone, persoonlike rekenaars met internet, facebook of chatrooms nie…
Ons het VRIENDE gehad… en as ons hulle gesoek het, het ons net buite toe gegaan.
Ons het uit bome geval, was gesny en het bene gebreek en daar was geen geregtelike eise vir hierdie ongelukke nie.
Ons het wurms en modderpasteie ge-eet en die wurms het nie vir altyd in ons geleef nie.
Ons het windbukse en poppe gekry vir ons tiende verjaarsdag, speletjies opgemaak met stokke en tennisballe, ou komberse en peule en al het niemand ons gewaarsku dat dit kan gebeur nie, het ons min oë uit gesteek.
Ons het met ons fietse gery of pop gespeel of sommer net geloop na ons vriende se huise, aan die deur geklop en sommer ingeloop en gesels. “Oom” en “tannie” was nog aan die orde van die dag en “jy” en “jou” was net op rondloper honde van toepassing.
Rugby en tennis spannetjies het proewe gehad en die wat nie die span gehaal het nie, moes maar vrede maak daarmee – Verbeel jou dit!!
Ons het gereeld die bed natgemaak en ons ouers het ons ‘n pak slae gegee, nie na sielkundiges toe geneem nie omdat hulle nie geweet het wat om met ons te doen nie.
Die gedagte om jou kinders by die polisiestasie te gaan uit borg het nie bestaan nie. Ouers was aan die polisie se kant! Sien, kinders was daai tyd nie gehoor, of gesien, in geselskap nie want die ouers was nie bang vir hul kinders nie!
Tande tel was uit want ons het geweet hoe om te speel. Ons ouers en grootouers se grootste taak was definitief nie om ons te “entertain” nie.
Terugpraat was die grootste euwel en ons ouers het nie toegelaat dat ons kinders hulle met mooi woordjies kon manipuleer nie. Ouers was nog ouers en kinders was nog kinders, en kinders het gedoen wat vir hulle gesê was.
“Skoolsiekte” was nie toegelaat nie want ons ouers het geweet hoe om te “cope” met die daaglikse stres in hulle lewens. Al wanneer jy by die huis kon bly was wanneer jy half dood was. Termometers was ook nie onder jou tong of in jou oor geplaas nie……
Skoolsertifikate is aan almal uitgegee wat nooit afwesig was gedurende die jaar nie en snaaks genoeg, ons almal het altyd een gekry.
Elke oggend was met gebed en sang ge-open en die oudste onnies het altyd die Bybelperiode aangebied. Seker omdat hulle die Bybel die beste geken het.
Daardie generasie het van die beste risikovatters, problemoplossers en uitvinders OOIT geproduseer.
Die laaste 50 jaar het bestaan uit ontploffings van uitvindings en nuwe idees.
Ons het vryheid, verlies, sukses en verantwoordelikheid gehad en ons het GELEER hoe om dit te hanteer.

As jy een van hulle was.. Baie geluk!!!
Jy wil dalk hierdie deel met die wat gelukkig was om groot te word soos kinders, voordat prokureurs en regerings jou lewe “vir jou eie beswil” begin reguleer het.
Terwyl jy besig is, Stuur die aan vir jou kinders sodat hulle kan sien hoe dapper (en gelukkig) hulle ouers was.

Laat jou voel asof jy deur die huis wil hardloop met ‘n hamer en ‘n sker is dit nie?

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account