file Oktober mammies 2010

16 years 3 months ago #77605 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re:Oktober mammies 2010
Hi almal,

Sjoe maar dis koud vandag!! Ek hoop dit word bietjie beter die naweek.

Gerne, dis wonderlik dat boetie so gesond is! Het julle toe al op 'n naam besluit? En lekker dat julle so gou al kan trek, dan kan jy alles reg kry voor baba kom.

Dit gaan goed met Claudia, sy skop hectic deesdae. En ek dink sy is besig om mooi groot te word want my boep het defnitief verdubbel die laaste week. Nou twyfel mense nie meer of ek swanger is as hulle my sien nie...

My pva vir die naweek is rof!! My skoonpa werk in Mali, en hy is nou hier vir die maand. So ons gaan by skoonma hulle kuier. Stefan kry 'n tand en Johan het 'n verstopping in sy dermkanaal, so ek het 2 geirriteerde siek mans om mee te deal.

Lekker naweek!!

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 3 months ago #77602 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re:Oktober mammies 2010
More julle

Janine, dankie, my vriendin se dit gaan heel ok, sy het nou en dan nie lekker dae nie, ek gaan probeer by haar inloer weer binnekort!

Anina, ek ken ook die Glyconutrients, ken 'n vrou van die werk wat dit gee vir haar skoonma wat breinskade ens. ontwikkel het agv. breinvliesontsteking en dan het ons ook 'n ou by die werk se vrou kanker het wat dit elke dag gebruik, so ek dink dis die moeite werd om te probeer!

Gerne, sjoe maar die mannetjie is al groot ne!! 'n hele 170g groter as Riley, well done! :woohoo: Dit gaan 'n bulletjie wees!

My pva vir dei naweek is om kamers te begin uitpak en uitsort en dan wil ek die laaste goed vir Riley se kamer gaan koop soos die beddegoed ens.

Shame, my stiefsussie is veronderstel om vandag haar seuntjie te gehad het. Haar man is in die lugamg, so hulle moet gaan na 1 Mil waar die weermagmanne mos gaan. Sy het gister ingeboek, want die keiser sou vandag gedoen word, en toe vanoggend laat weet hulle haar die teaters word geskuif ens. so daar is nie meer 'n teater oop vir haar nie :ohmy: So sy moet maar huis toe gaan en dan volgende week terugkom! Aaai, die staatshospitale darem! Sy is soo ongemaklik al klaar en sy wil net die dingetjie uitkry en dan se mense vir jou, jy moet maar nog wag, dit het nie so goed afgegaan by haar nie :blink:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 3 months ago #77586 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re:Oktober mammies 2010
goeiemore.

Dit is NaWeEk!!!!!!

Dit gaan baie goed met boetie, ag ons kon hom so mooi sien gister en mens kan sien hy sit nou vetjies aan, dis nie net meer been nie. kon sy kuit en bobeen mooi sien, al klaar lekker vris :P

Hy weeg nou 870 so hy het presies verdubbel van laas maand. As ek weer gaan is ek 29weke so dan behoort hy hier by 1,6kg te trek as hy weer verdubbel het. Alles is gesond en lyk baie goed.

Wat is julle PVA vir die naweek? dit is my sus se 21st moreaand, sien so uit na die partytjie, die hele familie kom af. Henko het gisteraand al begin jol met sy nefie! Hulle bly in Witrivier so ons sien hulle nie so baie nie.

Dankie almal, ons is regtig in die wolke en kan nie ophou aan ons ou huisie dink nie :silly:

Hey Sarah, sound exhausted LOL. At least you had a nice vacation hey so you must be fresh and ready for all those screaming LO's!

Hi Anina, is dit lekker terug by die werk? bly om jou terug te he girl. Hoe gaan dit met Claudia?

Lily, ons kan al 1 Sept intrek (of dalk vroeer want die huis staan mos leeg). Kan nie wag nie!

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 3 months ago #77533 by Lily
Replied by Lily on topic Re:Oktober mammies 2010
Hi julle almal

Annalize, baie jammer om te hoor van jou man - sterkte!

Carmen, hoe gaan dit met jou vriendin en die chemo? Het gisteraand aan haar gedink - chick flick op e-tv was oor ou wat chemo kry.

Geluk met die huislening Gerne! Jy't gesê jul sal al teen einde Sept. kan intrek ne?

Helene, sal graag die 4D wil sien as jy die foto gelaai kan kry. Bly hy groei nog mooi en dat pappa nou ook rustig is dat dit wel 'n seuntjie is. :P

Kan nou nie alles verder onthou wat gesels is nie, maar julle moet 'n heerlike Vrydag hê! Die weke begin darem nou verbyvlieg!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 3 months ago #77480 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re:Oktober mammies 2010
Hi julle, jammer ek was mia. Eers was ons weg met vakansie, toe is my internet afgesny for some reason. Maar nou is ek weer terug.

Ek gaan nie eers probeer om alles te lees om in te haal met die skinner nie, dis meer as 'n week se chats!! So vergewe my as ek bietjie agter die tyd is...

Annalise, dis baie rof, sterkte vir julle!! Ek het so 'n rukkie terug 'n tannie ontmoet (my vriendin se skoonma) wat MS het. Sy gebruik 'n produk genaamd Glyconutrients. Dit verrig wondere vir haar, werklik wondere, sy was in 'n rolstoel en heeltemal hulpeloos. Nou pas sy haar kleinkinders op, 2 kiddies op een slag. Daar is min mediese inligting beskikbaar oor die stuff, en dit word verkoop in 'n multilevel company wat dit vir my dodgy laat klink. Maar ek het nou al van meer as een mens gehoor wat dit met groot sukses gebruik. Kyk bietjie of jy dit kan google, google dalk MS en glyconutrients saam dan kyk jy wat jy kry. Ek kan by my vriendin uitvind waar sy dit koop, maar ek weet mens kan dit ook op baie websites op die net bestel.

Hoop dit gaan goed met die res van julle!!!!

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 3 months ago #77444 by Sarah
Replied by Sarah on topic Re:Oktober mammies 2010
Hello ladies...

I am exhausted. Back at school on Tuesday and its been non-stop hectic since then!

We see the gynae again next Tuesday and I'm very interested to see how much she weighs and how long she is. Baby seems to like sticking her head or feet under my left ribs which causes lots of discomfort and I have to lean slightly back to accommodate her. Little madam already it seems! Otherwise everything seems to be going OK.

Missing chatting on here, but I try and pop in and read up and see whats going on.

sarahashwell.weebly.com

Professional Nanny, Qualified Teacher, Post Natal Doula and Mommy (Oct 2010)

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 3 months ago #77443 by Handjievol
Replied by Handjievol on topic Re:Oktober mammies 2010
Heleen bly boeta weeg al so baie. Dan gaan myne ook seker al 1 kg wees. Die 4D klink oulik.

Gerne geniet jou afspraak en Yippieee vir die huislening.

Petro dis goed om weer van jou te hoor. En bly baba groei so mooi.

Annalise sterkte met jou man se diagnose en geniet jou swangerskap.

Christa werk jy hard dat jy nou so min gesels?

Elise jy is vanmiddag ook baie stil.

Carmen ek kan nie onthou wat jy getik het nie so lekker aand vir jou.

Dan moet almal lekker warm slaap vannaad.

Toedels.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account