Hi julle
Shoe wat n rowwe dag. en ek het die hele naweek probeer moomie maar kon net nie inkom van my foon af nie

grrrrr.
Julle, ek het wonderlike nuus. ons het Vrydag ons DROOMHUIS gekry, 'n aanbod gemaak en dis aanvaar. ons is so opgewonde soos klein kinders voor christmas

Ons is in die eerste plek so ongelooflik dankbaar vir die Heer dat hierdie huis en agent na ons kant gestuur is, dit gaan so amazing wees om die huis te he vir ons eerste huisie. we are so blessed.
ek het vandag heeldag aansoeke deur gestuur en jis dit voel asof hulle jou omtrent kaalgat uittrek met alles wat hulle wil weet op die aansoek.

Nou is dit vir 'n stresvolle wag week voor ons weet of ons lening goedgekeur is.... tik tok tik tok
As alles goed gaan trek ons al 1 Sept in, wat 'n lekker tyd en net genoeg tyd om reg te maak vir boetie!!!
Ek het een keer watergeboorte gesien in 'n afgelee vly of vallei tipe plek, net die vrou en haar man. jis dit was amazing om te sien hoe gee sy geboorte in hierdie helder water en die babatjie swem so half en toe na 'n paar sekondes haal die pa hom eers uit. amazing hoor.
Lily, sterkte met al die voorbereiding.
Carmen, hoe laat is jou afspraak? geniet dit ne!