file Oktober mammies 2010

16 years 3 months ago #61255 by Estione30
Replied by Estione30 on topic Re:Oktober mammies 2010
hallo almal, my kind het my vanoggend 6h00 uit die vere en kry ek lekker koud hier waar ek sit. sjoe, ek moet nou eers deel. my man het my gister omtrent bederf! 'n bos rooi rose en 'n voucher vir 'n facial, manicure en pedicure vir 11h00 vandag. hy gaan ook saam met my om my hare te sny. omtrent 'n extreme makeover. ek spot vanoggend so met hom en vra of hy nie bang is ek ontmoet iemand daar in richardsbaai by my ma as ek nou so vreeslik uitgevat is nie. lol... hy is darem nie bekommerd daaroor nie.

gerne, ek haat daardie gevoel as mens wil winkels toe en jy het eintlik niks nodig nie, maar shop wil jy shop. geluk met die minder soetgoed, ek probeer ook baie hard om myself nie te vol te stop met onnodige goed nie. probleem is net dat 'n vriend van my man hier by ons kuier en hy is 'n soettand verby. dit is skuimpies en tjoklits en wat nog alles elke aand.

anina, waar in jhb? ek is in germiston. lekker hier in die ooste. lol... ons kiddies ontwikkel maar op verskillende tye jong. my seuntjie hou bv nog nie sy eie bottel vas as hy drink nie. hy kan, maar hy wil nie en hy is more al 'n jaar en 'n maand oud. jy is baie gelukkig om so handige moeder te he. my ma is soos ek en kan nie 'n knoop aanwerk nie. ek kan wel brei en het myself so jaar terug geleer patroon lees. my skeppings raak darem nou al beter. jou foto is pragtig.

ralmarie, sterkte met die terugpak. ek probeer maar wegbly van regpak af tot ons eendag meer plek het, want die garage kan nie meer goed hou sonder dat dit kan wegraak nie.

meisies, geniet die dag en eet vandag iets ekstra lekker in lig van die feit dat dit vrydag is. ek gaan nou klere soek om by my nuwe look te pas. oh dear!!! wens dit was warmer dan kon ek 'n lae toppie aantrek en my boobs bietjie wys.

ek sal my man vra om 'n foto te neem as ek klaar is. lekker daggie almal.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 3 months ago #61178 by stella
Replied by stella on topic Re:Oktober mammies 2010
sorry hele ek het die hele fudge ding begin met die dat ek gister gekoop het

dis 'n plaas oom wat dit maak en dan verkoop die SPAR dit in sulke lekker groot sakke, net genoeg om jou lus te blus, jou soet te maak to heelbooooooooooo en dalk so bietjie naar van te veel eet

ANINA - ek dink ek moet vir jou van die FUDGE stuur - so 4 pakkies vir elke boud en 3 om die boep aan te help. jy is 'n regte maerGAT. jy lyk gr8

ek het sooo baie vandag gedoen gekry by die werk, en sit nog al die pad en emails stuur en dinge doen op die rekenaar van na 5. my man mos die hier, so huis doodstil

lekker slaap julle

[link=http://lilypie.com] [/link]

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 3 months ago #61179 by stella

16 years 3 months ago #61139 by Lily
Replied by Lily on topic Re:Oktober mammies 2010
Hi julle!

Moes omtrent weer lees om op te vang, maar die keer was dit darem nie te moeilik om by te bly nie, die hooftema in amper elke post is FUDGE! :laugh:

Christa, groot askuus ek't toe nooit teruggekom na jou toe oor die gordyne nie! :blush: Het reggekom dankie, dis toe actually tot my voordeel dat die lap 240cm pleks van 150cm wyd is anders moes ek baie meer koop... Het vandag bietjie in Metro rondgesnuffel, toe sien ek die mooiste "under the sea" lap - dadelik aan jou gedink. Te oulik met sea turtles en al (ek's mos maar mal oor skillies! :laugh: ) Kan nou net nie onthou hoeveel dit per meter was nie.

Ek sien julle is al almal weg, so gaan ook maar groet, lekker aand!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 3 months ago #61108 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re:Oktober mammies 2010
Baai almal! Lekker aand vir julle! Geniet die fudge! :silly:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 3 months ago #61103 by Handjievol
Replied by Handjievol on topic Re:Oktober mammies 2010
Nou ja julle ek sal tog kyk of julle more kan sien hoe lyk dit as mens swanger is. Ek dink julle is net opgeblaas. :P

Julle moet 'n lekker aandjie he.

Wens ek kon fudge maak dan het ek probeer.
Daar is seker altyd 'n eerste keer.
:P

Toedels :woohoo: :woohoo:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 3 months ago #61093 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re:Oktober mammies 2010
ja flip, ek het nou al klaar 'n fudge reseppie getrek vir vanaand, julle is flippen erg :P

EN my man het nou laat weet hy 'kuier' saam sy base en gaan 'bietjie' laat wees, meer rede om fudge te maak :laugh:

Jis ek moet nie, maar ek gaan.....

Hey Anina - jou maargat :woohoo: Waar is claudia, chat jy saam ons om te spy want jy lyk nie vir my swanger nie. :silly: ha ha spot net met jou, jy lyk te cute !

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:

File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account