file Oktober mammies 2010

16 years 4 months ago #46999 by Elise
Replied by Elise on topic Re:Oktober mammies 2010
HI julle jammer man ek was alweer plat het weer n abses in een van my voorste tande gehad en het letterlik 4 dae laas geslaap ek is so moeg en geireteerd ek wil net huil oor als. Was gister by die tandarts wat my laaste tand met die abses getrek het toe wou hy weer die 1 trek en n plaatjie in sit maar eers vrydag en dan gaan dit my R2000 kos ek meen waar die hel moet ek dit kry als gaan nou vir baba goed, toe kry ek n tandarts wat met discovery werk en het hom vanoggend gaan sien het hom amper gemoer want hy het my so seer gemaak hyt my tandvleis dood gespyt let wel net 1 keer en gese ek moet net vasbyt dit gaan seer wees toe boor hy die agter kant van die tand oop en druk n naald dwars deur tot in die gum om die abses te bars ek het gehuil van die pyn maar ek moet se dit voel nou weer baie beter ek is net so moeg ek wil net gaan slaap, darm moet ek se baba is nog fine sy skop nog baie vir mamma en dit stel my darm gerus nou het hy die tand oop gelos en moet ek oor 2weke terug gaan laat hy hom kan toe maak anders gaan die tand net weer vuiles op bou as hy hom nou toe gemaak het.

Sjoe julle dit was n baie moeilike naweek met die pyn het naderand gedink my man gaan vir almal vertel hy het n kak vrou want ek moan net oor die pyn en tog het hy my by gestaan waar hy kon.

Wel ek moet gaan huis skoon maak dit lyk of n orkaan my huis getref het so ek gesels nou weer met julle.

Gerne ons wag dat die mense die huis verkoop so dit kan nog n rukkie vat

O ja en my afspraak is geskyf na die 17 de toe 13h15 darm n week vroer as wat hy was

Samantha Mikayla Vermeulen Gebore 20 Septermber 2010 09h32 3.24 kg 51cm
1 week oud: 3.4kg
4 weke oud: 4.1kg
6weke oud: 4.65kg



File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 months ago #46990 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re:Oktober mammies 2010
Ralmarie, jy is nog heeltemal te jonk vir oud word! Die pret begin eers op 40!!! :woohoo: Dis net daai swanger lyfie wat so bietjie protesteer! Ek raak al amper my lae rugpyn gewoond. Dis in elk geval nou permanent daar. Maar dis darem draaglik. :)

Ralmarie, het julle nie goeie materiaal winkels daar in Potch nie? Ek weet ons het Essops, maar hulle is nie vreeslik op kinder materiaal ingestel nie. Van die paar ander wat hier is, praat ek nie eers nie! :huh:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 months ago #46979 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re:Oktober mammies 2010
Gerne, ek verstaan wat jy bedoel! Ons het 2slk meenthuis. In psaarkamer is daar 'n dubbelbed, my naaldwerktafeltjie en 'n riempiesbankie. Nou sal dinge bietjie verander en rondgeskuif moet word. Riempiesbankie moet maar sitkamer toe. My naaldwerktafel kan nerens anders staan nie. So ek sal mooi moet meet en pas. Voorlopig sal boetie se kampkot maar langs ons bed staan tot hy bietjie groter is. En glo my dit gaan ook meet en pas kos! Maar ek is mal oor ons huis! Het 'n lieflike groot oopplan leef area en die kombuis is net groot genoeg vir my. Dis net daai ysige teels!!! En Klerksdorp is nie so lekker warm soos pretoria in die winter nie! Ons kry minus temperature en ryp!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 months ago #46978 by Handjievol
Replied by Handjievol on topic Re:Oktober mammies 2010
More almal.

Petro, sit 'n keps op sy kop sy bles gaan brand. ;)

Ek het ook nog nie begin met baba se goed nie. Al gaan hy sommer by ons in die kamer slaap. Hiers nie nou plek vir baba kamer nie. Het darem die materiaal al gekoop.

Ek het ook sleg geslaap gisteraand. Het vroegaand lekker lae rugpyn gehad. Het maar bietjie vroeg gaan le. Darem beter vanoggend, maar my lyf was seer. Carmen my hande gaan ook dood en dis aaklig. Ek word nou oud met al die skete en pyne. :huh:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 months ago #46957 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re:Oktober mammies 2010
christa, ongelukkig is ons kamers in die meenthuis so klein, daar kan regtig net 'n bed teen een muur, kot teen ander muur en kas teen venster staan dan is die kamer VOL. so die spaarkamer het 'n driekwart bed op wat die hele kamer vol staan. oe ek kan nie wag tot ons 'n groter plek het nie.

elise, weet jul al of julle trek?

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 months ago #46952 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re:Oktober mammies 2010
Hi

Lekker verspotte tannie daai Gerne :laugh: Ag mesn moet partykeer mense vergewe vir hulle oomblikke van stupidgeid!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 months ago #46939 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re:Oktober mammies 2010
Dankie, Gerne nou voel ek beter oor die kamer! Myne is ook nog 'n spaarkamer. Gaan dit min of meer so hou en vir baba 'n hoekie inrig. Sal vorentoe kyk hoe werk dinge uit.

Jong, party mense kan darem simpel wees! Sy het seker so paar varkies verloor! Of dalk het die hele spul weggehol! Hoe kan sy nou vir jou vra of jy seker is dis 'n seun?! Lekker dof!!!

Hallo Elise! :P Waar was jy gister?

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account