More mamma's!!
Mensig, my maag staan weer vreeslik vanoggend!! Dis is SOOOO weird, party dae is my maag platterig en ander dae is hy groot??? Maar ek dink tusen 2 weke terug en nou het daar iets gebeur, want broeke wat ek nog 2 weke terug kon dram pas nou nie meer om die midel nie
Sterkte met die woef Petro!
Jip, dis nie vreeslik koud in Centurion vandag nie!
Gaan darem vandag bietjie my hare weer kleur en sny, dis hoogtyd, dis erg uitgegroei!
Ek voel nog niks nie julle, behalwe net nou en dan is ek baie ongemaklik en kry so nou en dan 'n ligte steekpyntjie

, maar ek dink dis daai ligament wat so bietjie rek hier onder die maag! Dalk is ek net nie ingestel op dit nie, maar ek hoop ek begin binnekort ietsie voel!!
Gaan more weer dr. toe en ek is baie opgewonde! Maar ek is bietjie bang op daai skaal te klim hierdie keer!!

Het baie gewig opgetel!
Ons gaan darem Vrydag Buffelspoort toe tot volgende Woensdag, sien vreeslik uit!!