file Oktober mammies 2010

16 years 4 months ago #37702 by Handjievol
Replied by Handjievol on topic Re:Oktober mammies 2010
Ag tog al die fotos is nou weg. Sal maar more weer probeer.

Ons het net so baie diere.
4 Alsations, n great Dane (wat ek wil weggee, het hom persent gekry toe sy 3 maande was maar dit werk nie) Ongelukkig nie katter op die oomblik nie. Dan nog 3 jack russels en 'n maltesie. Elke kind wil mos 'n hond he.
Maar die erf op die plot is groot en in 3 verdeel om elke kan honde te he. Dat hul nie baklei nie en vir veiligheid. 3 Is tewe en dan het ons 'n jong reun. My man wil bietjie teel of net so dat hul help hul eie kos betaal. En die 1 teef is al oud. Gaan nie meer lank leef nie.
Dan praat ons nie oor die budjies, love bird, kokketiele en hoenders nie. Ook eende en ganse, 9 skapies 7 beeste en 2 perde.

Dis nou 'n behoorlike dieretuin. :woohoo:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 months ago #37690 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re:Oktober mammies 2010
Dit is snaaks hoe mens so gou jou diere bietjie een kant toe stoot as die kids eers daar is :)
Arme Lucy moes uit skuif van sy het alles in die huis vol hare gemaak toe henko gebore is.

jis ek is nou so kwaad, ek het 'n kombersie gesien by edgars voor ek nog geweet het wat ek verwag. nou soek ek die kombers en nerens in pta is daar meer so kombers nie. sommer kwaad want dis volgens daai kombers wat ek die kamer wou maak :angry:

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 months ago #37673 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re:Oktober mammies 2010
Ja wonder ook waar is Happy girl of altans Elise?? Annalize is ook baie stil?

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 months ago #37668 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re:Oktober mammies 2010
Ag moeder die tweetjies is baie oulik!

Jammer om te hoor van jou diere Christa!

Ek moet se, ek weet nie wat ek sal doen as Pippa moet gaan nie, sy is al 10 jaar oud en sy was my eie 1ste dier toe ke uit die huis trek! Mens wens partykeer diere kan net so lank soos mense leef!!

Gerne, my chihuahua gee ook heeltyd spierwit kort hare af! Dis op alles, binne alles en jy kry dit nie uit jou klere gewas nie! ek WEET wat jy bedoel!

Edgard het pragtige goed, maar ek het genotice dat hulle regtig duurder is met meeste goed! Het gekyk na die Avent Microwave Sterilizer daar en dit was R420. By Babyboom is dit R350? Nogal 'n verskil!

Ek gaan net koffie drink saam 'n vrindin na werk en dan gaan ek vroeg in die bed klim, aangesien ek gisteraand 2 uur wakker geword het en nie weer kon slaap nie :(

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 months ago #37654 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re:Oktober mammies 2010
Helene, Maine Coon katte is vrek duur, maar ons is altwee mal daaroor! My man is net so intense diereliefhebber soos ek en die Maine Coon kat is sy idee! So ek gaan weereens al my sjarme kraantjies oopdraai vir so kat! Sal later probeer 'n foto post van die groot gemmer mannetjie waaroor ons so mal is! ;)

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 months ago #37644 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re:Oktober mammies 2010
Ons is net so lief vir diere. het ook 'n mini worsie gehad en was sooo lief vir haar toe steel iemand haar :(

Nou het ons 'n Jack Russel en ek is glad nie mal oor JRussels nie. hulle verloor te veel hare. grrrr, daai wit pennetjies is altyd op die klere, komberse en orals. al kom die hond nie eers in die huis nie.
Ons kat se naam is Stifler, hy is swart en wit, 'n pragtige kat.

Christa, Maine Coon katte is pragtig!

Petro, love you katjie, oulik man!

waar is happy girl? hoop sy is okay.

ek was lunch gou by edgars. hulle het sulke mooi kids klere, babas & todlers. net so vrek duur. ai tog, ek weet nie, ek is seker maar suinig maar ek kan nie soveel betaal en net by edgars koop nie. :huh:
Het darem vir my 1 werks broek gekry wat nogal nice sit. yay!

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 months ago #37641 by stella
Replied by stella on topic Re:Oktober mammies 2010
ons is beste maatjies

[link=http://lilypie.com] [/link]
Attachments:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account