file Oktober mammies 2010

16 years 4 months ago #36087 by Handjievol
Replied by Handjievol on topic Re:Oktober mammies 2010
Oor die babygrows:
Moenie te veel new born koop nie. Kyk eers hoe groot gaan baba wees.
Ludwig was 'n vris knaap en het nooit new born gedra nie. Direk begin met 0-3 maande en hy het maat 3,4 geweeg. (Voltyd)

Die dogters het weer 2 weke vroeg gekom en dis omtrent die tyd wat hul new born gedra het. En hul het 3,2 rond geweeg.

so dis eintlik moeilik, en veral as baba dalk lank gaan wees. Myne gelukkig almal kort, maar party babygrows is korter as ander al is dit dieselfde grootte. Dan trek hul voetjies om.

Meet sommer die babygrows op mekaar. Mens kry groot new born en klein 0-3 maande.

Maar lekker koop.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 months ago #36079 by neln
Replied by neln on topic Re:Oktober mammies 2010
Hi

Ek los julle 2 dae alleen en ek weet nie waar om te begin lees nie - mooi so!!!

Was vir 2 dae op 'n first aid kursus - hopelik kan ek nou iemand in nood help.....

Gaan nou eers probeer opvang!

Stefan Johan Nel - 06/10/10, 4.225kg, 53cm
11 weke - 6.4kg

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 months ago #36060 by Handjievol
Replied by Handjievol on topic Re:Oktober mammies 2010
Christa ja sy verjaar lekker. Kom met moord weg vandag. En ai tog hierdie ma het toe nog nie weer 'n koek gebak nie. Het gese ek sal maar vandag een gaan koop as sy ingaan vir haar viool les.

Gerne daai beentjies een is oulik, het dit net lanklaas gesien. Seker met die wintergoed wat nou orals is.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 months ago #36054 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re:Oktober mammies 2010
Gerne, daai 2 seuns lyk te oulik!

Carmen, so julle klasse is dan so raps goedkoper as ons sin. Die suster wat dit aanbied het gese mens kan dit tot op jou laaste bywoon, so ek kyk seker ook na so 10 klasse in totaal. ;)

Ralmarie, is Suzaan se vel nog steeds so sensitief? Verjaar sy nog lekker? Het mamma darem vir haar koek gebak? :P

Gerne, ek hou ook van die met die stukkie been. Dit lyk so oulik as hulle dit aanhet en dan steek die doek nie uit nie! :cheer:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 months ago #36050 by Handjievol
Replied by Handjievol on topic Re:Oktober mammies 2010
Ek dink dis oulik as jul voorgeboorte klasse kan bywoon.
Ek het nooit, maar ek wou nie. Het soveel swanger vriendinne gehad met my eerste en 'n vriendin wat suster is so het seker alles gehoor wat ek in elkgeval by die klasse sou hoor.

Al wat hul gese het is haal diep asem en dis so waar. As ek kraam onthou ek net die diep asemhaal en stap tot jy nie meer kan nie. Dit werk regtig!! Veral die stap en dit bespoedig die proses.

Geniet jul klasse en kom vertel dan kyk ons of almal dieselfde leer.

Dalk nog 'n tip of 2 om baba uit te kry sonder pyn. Ha-ha-ha :P

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 months ago #36036 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re:Oktober mammies 2010
Dankie julle, nou verstaan ekke mooi!!

gerne, altyd 'n prentjie byderhand!!! :laugh: Nou weet ek presies!!

O ja, Christa, ek gaan probeer om daai klasse te doen, moet nog by die hospitaal hoor, maar gerne het genoem dat so plus minus R50 per klas is vir so 10 klasse.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 months ago #36024 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re:Oktober mammies 2010
oe en daai babygrows met die stukkie been is ook oulik. ek het al myne nog by woolies gekoop maar het ook nou onlangs by ackermans gesien. dit is vir my lekker vir somers pajamas :)




3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:
Attachments:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account