file Oktober mammies 2010

16 years 4 months ago #36018 by Handjievol
Replied by Handjievol on topic Re:Oktober mammies 2010
Gerne jy is fluks met jou prentjies. :)

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 months ago #36016 by Handjievol
Replied by Handjievol on topic Re:Oktober mammies 2010
O ja wou nog se: My oudste dogter met sensitiewe vel is in Mei gebore. Die een wat vandag verjaar. So dit was 'n storie om lekker warm te bly. :dry:

Maar daai warm grows is definitief te warm vir Oktober. Maar een of 2 sal ok wees, want daar kan dalk nog 'n lekker koue dag of so kom. Of as jul het van die warm soort, hoop vir 'n koue dag. :lol:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 months ago #36010 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re:Oktober mammies 2010
ag askies man. bodyvests is die wat tussen die beentjies vasknip, sonder beentjies (lank of kortmou)

Die babygrow is daardie dukker grows wat langmou is met beentjies vir die winter.

En ja, dan is die vessies die gewone vessie met kort of langmoue maar wat net tot by die middel kom :)


3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:
Attachments:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 months ago #36008 by Handjievol
Replied by Handjievol on topic Re:Oktober mammies 2010
hi jul.

Ja die gewone vest wat nie onder drukkertjies het nie trek op en kan baba se lyfie seermaak. so kyk vir die vests wat tussen die beentjies knip. Ackermans het mooies en Edgars wat nie net wit is nie. Dan as dit baie warm is kan hul net die vest ook aantrek later.

en oppas vir babygrows wat nie voor oopnkip nie en net agter die nek. Dis moeilik om aan en uit te trek veral as dit ook nie tussen die beentjies studs het vir 'n vuil doek nie.

En ja die t-shirt babygrows is reg vir Oktober. Hang ook maar af van ons weer, maar in die algemeen. My oudste het gebroei in die dik warm babygrows. Sy het nou nog sensitiewe vel. Ek kon haar net katoen goed aantrek en het haar dan maar warm toegedraai.

Hoop dit help bietjie.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 months ago #35997 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re:Oktober mammies 2010
Dankie vir die raad Lies! Nou weet ek minstens waarna om te kyk. Daai t-shirt grows is nogal skaars op die oomblik! Sien meestal broekies met hempies of baadjies van die t-shirt materiaal. Ek verkies grows, dan bly die lyfie toe. Hempies trek te veel op!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 months ago #35980 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re:Oktober mammies 2010
Aaah ok, so baby grow knip vas (waarookal nou, tussen bene of by voete), en vest is soos ons grootmense se wessies!! Got it!! Ja, ek kan dink dat die vests dan heeltyd optrek!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 months ago #35978 by Lies
Replied by Lies on topic Re:Oktober mammies 2010
Hallo Julle

Ek moet nog 'n foto van my maag neem. Ek vergeet die heel tyd van foto's!

My datum is 2 Oktober (sien dit is uitgelaat) en my seuntjie se naam gaan Kobus wees. Na sy oupa vernoem!

Ek koop solank nog net New Born baby grows. Die langmou een wat dunnerig is. Oktober hier is nog nie so warm nie en sal maar kortmou wessie onderaan trek.

Carmen, 'n baby grow is die gewone "pakkie" met prentjies op of die gekleurdes. 'n Vest neem ek aan is 'n wessie. Jy koop dit gewoonlik in pakkies van 2 en kry dit in ook in kleure asook wit. Jy trek dit onder die baby grows aan. Ek hoop dit is reg?

Christa, ek het gister weer deur my voorgeboorteklas notas van die vorige keer gegaan. Daar staan langmou baby grow met kortmou wessie. Ek neem aan die dikte van die baby grow hang af van watter seisoen die jaar dit is en natuurlik of dit 'n langmou of kortmou wessie is. Ek gaan maar New Born t-shirt langmou materiaal wessies saamneem met kortmou en langmou wessies. As hulle so klein is trek 'n mens maar in die begin langmou aan. Oktober is nog nie sooo warm nie!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account