file Oktober mammies 2010

16 years 4 months ago #29405 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re:Oktober mammies 2010
Carmen, ek hou van jou hare op jou nuwe profile foto. Dit pas jou baie goed! Jy sal binekort vir baba voel. Ek was maar eers verlede week seker dis wat ek voel. Nou voel ek elke bewegingtjie! Dis wonderlik! Dit voel regtig soos lugborrels wat in jou maag beweeg, tot daar 'n harde skop is! :woohoo:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 months ago #29390 by Handjievol
Replied by Handjievol on topic Re:Oktober mammies 2010
Christa dis 'n uitstekende idee en geskenk.
Hy is seker in die wolke. :woohoo:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 months ago #29388 by Elise
Replied by Elise on topic Re:Oktober mammies 2010
hi julle vinnige update snookums is spek vet en gesond beweeg baie en als is 100% gevorm ons weeg 398g en is om en by 28cm ag sys te cute moet hol manlief wag vir my tata chat more lekker daggie verder en geniet julle aand

Samantha Mikayla Vermeulen Gebore 20 Septermber 2010 09h32 3.24 kg 51cm
1 week oud: 3.4kg
4 weke oud: 4.1kg
6weke oud: 4.65kg



File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 months ago #29384 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re:Oktober mammies 2010
Hou van die naam Helene! Lol vir Heinz storie! :laugh:

Gepraat van maag, myne is weer een dag hardlywig en die volgende 2 dae het ek maagwerkings!! :blink:

Dit wiseel so van die een na die ander, dis eintlik belaglik!

Ok, so ek gaan maar net geduldig wag todat ek vir die eerste keer die babatjie voel. B)

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 months ago #29382 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re:Oktober mammies 2010
Jy is seker reg Helene. Maar ek skaam my ook dood om dr vir ales te bel. :blush:

Dankie, Gerne vir die Laxette Dry. Dalk moet ek sommer net daarvan kry. :)

Gepraat van beet, het julle geweet binne 'n halfuur nadat jy beet ge-eet het, laat dit jou bloeddruk daal. Dit was vir my 'n skok. Ek is mal oor beet, nou weier manlief dat ek dit eet. My bloeddruk is bietjie laag met die swangerskap. :dry:

Jip, Ralmarie. Ek het vir boetie op manlief se verjaardag bestel en dr het gese dis okay. Manlief word 50 op 22 September. En hy dink dis 'n wonderlike geskenk! :silly:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 months ago #29365 by Pampoenpit
Replied by Pampoenpit on topic Re:Oktober mammies 2010
Gerne, ek maak beetsap van die rou beet. (gebruik n versapper) en dan word dit met apple puree gemeng. Dit staan bekend as my "Blushing Apple". Een van my gewildste kossies, die babas is mal daaroor.

Eerste Baba: Seun, 01/09/2008
Tweede Baba: Seun, 5/10/2010
Woon in Kaapstad, en is al 7 jaar gelukkig getroud.


[/link]


[/link]

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 months ago #29350 by Handjievol
Replied by Handjievol on topic Re:Oktober mammies 2010
Ek is ook maar bang vir die medisynes. Ek suffer maar gewoonlik goed voor ek soms iets sal kry. Partykeer dink ek dis dom, maar nou ja.
Hoop jul kom reg met die meds.

Lily jy laat Junie maand nou so ver voel as julle nou so een na die ander gaan vir besoeke.
Moet maar seker bietjie geduld leer.

So Christa jy se sover gaan jy eerste kraam?
:huh:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account