file Oktober mammies 2010

16 years 4 months ago #28712 by Melody
Replied by Melody on topic Re:Oktober mammies 2010
Dankie Carmin,

Ja die Gyne konnie sien op 16 weke nie, sy't weg gesteek. Dis hoekom ons besluit het om by die Expo te gaan...ag my moeder dit was net te oulik...en my man se reaksie was priceless, eers was hy choepstill en toe ons daar uit loop toe se hy,hy moet maar seker nou begin Gym toe gaan sodat hy sy prinses kan oppas. My volgende Gyne afspraaf is die 31ste Mei dan sal ek dood seker maak, maar die dame by die Expo het gese sy's 100% seker so eks seker dis n dogtertjie.

Ek was self nou baie honger, het reeds n toasted chicken mayo agter die rug....

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 months ago #28670 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re:Oktober mammies 2010
Hi

Baie geluk Melody!! Yippeee, darem nog een girlie wirlie!! Miskein moes ek maar ook die 4d gedoen het by die expo, net om seker te wees, maar kom ons hou maar duim vas, die gynae was regtig 99% seker! :dry:

Ek het ook die Angel Care monitor met die pad, al my vriende gebruik hulle s'n regtig baie, so ek sien dit met my eie oe, dis hoekom ek ook een gekoop het! Maar dis seker nie noodsaaklik nie!

Ek is nou so honger, ek eet sommer my eie been, dink dis tyd om 'n broodjie of iets te gaan koop! :woohoo:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 months ago #28660 by Melody
Replied by Melody on topic Re:Oktober mammies 2010
Hier is n 4d foto van Kayla, sy hou haar koppie vas.
Attachments:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 months ago #28650 by Melody
Replied by Melody on topic Re:Oktober mammies 2010
Hello almal,

Ek probeer al opvang van Maandag af en het maar nou vanoggend opgegee, so ek het net so bietjie hier en daar gelees....julle praat darm maar baie.

Okay, ons was die naweek by die Expo en die 4d scan het gewys dis n klein dogtertjie, so ons join die chearleaders....Haar naam gaan Kayla wees.

Ons het n kot en kompaktum in redelike goeie kodisie kondidie 2de hands gekoop en ek is heel tevrede daarmee.

Dan het ons by die skou n Graco pram gekoop met n karstoeletjie wat ek in my kar sal gebruik en ons sal n ander beter karstoel koop wat ons in manlief se kar sal sit. Ons het n Graco een gesien by baby city vir R1700.00 en manlief is verlief op die ding, dit is van birth tot 5 jaar en het 4 reclining positions ect....

Ons het die Angel care monitor gekoop by die skou, die een met die pad wat jy onder die matras sit, ek weet nie of dit nodig is want Kayla sal vir eers in ons kamer slaap,maar ek dink as n 1st time mamma wil ek eerder veiliger wees.

Paisley, ek is so so bly om weer van jou te hoor, ek het nou die dag gewonder hoe dit met jou gaan. Weet nie of ek dit dalk gemis het nie, maar hoe ver is jy nou....ag man vreeslik baie geluk.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 months ago #28601 by Handjievol
Replied by Handjievol on topic Re:Oktober mammies 2010
Gerne sjoe maar jy is regtig siek, tot jou profile picture is nou vaal en al jou goodies is weg.
Sterkte hoop jy voel gou beter. :)

Christa ek gaan nie die jaar Nampo toe nie.
Lekker koop Saterdag. Kan jy dalk vir my hul nommer kry, ek wil graag 'n groen waentjie he en wil net seker maak hul het een voor ek deurgaan.

Happy geniet dit!

Carmen ek het ook eers laat gevoel die keer so moenie worry nie.

Petro jammer ek kan nie help met monitor of borspomp nie. Het nog nooit enige een van die twee gekoop nie.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 5 months ago #28345 by gerne
Replied by gerne on topic Re:Oktober mammies 2010
Hi julle

So ek het lugweg infeksie,dis nie baie lekker nie. Ek was eintlik baie verbaas oor al die meds wat ek mag drink, het acc200 allergex en antibiotika gekry en dan n oog en neus sproei. Eks die hele week bydie huis. Ek en henko le nou in die bed, hy is vreeslik mamma vas as ek by die huis is so dis maar partykeer moeilik om te rus :)

Hi cornel, ek stuur vir j n private message!

Ek hoop julle het n lekker dag, sal maar so loer van hier af!

Tata

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 5 months ago #28258 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re:Oktober mammies 2010
More mammas!

Hier is ek! :silly:

Elise, jy moet jou sonar geniet!!!

Ek het toe my McDonalds gehad en dit was baie lekker dankie!! Ek is nogal 'n fan van take-aways, ek moet bieg! Kentucky is ook baie lekker, sjoe, honger maak ek nou myself!

Ek sal maar volgende keer praat met die gynae oor die borsvoed, want ek is mos nie seker of ek sal kan nie :(

Mense, ek ry te lekekr in mu nuwe tjor!! Ry soos 'n droom!

Gaan vanmiddag vir manlief gaan haal by die lughawe, dan is hy terug van sy golf trippie!

Ek voel nog glad nie vir Riley nie?? Is dit normaal? Ek le elke aand en sit my hand daar, maar ek voel niks nie, nie bubbles of niks nie?? Miskien sal ek eers later? Miskein is dit die lekker isolasie laag van vetjies wat ek rondom my maag het, want ek het maar nog altyd 'n vet maag gehad? :blush:

Lekker daggie!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account