file Oktober mammies 2010

16 years 4 months ago #29093 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re:Oktober mammies 2010
Mensig, maar julle kan kuier!

Gerne, bly om te hoor jy is in die bed. Dis al wat regtig gaan help vir daai goor voel. Pas jouself op!

Gerne en Helene, julle al2 se name klink vir my pragtig. Saam met julle vanne werk dit ook baie goed. :P

Melody, baie geluk met daai dogtertjie! Dit lyk omtrent of sy haar oortjies toedruk vir 'n hengsse lawaai! :laugh: Nou is daar darem al 2 definitiewe cheerleaders en 1 amper definitief. :cheer: Elise, jy sal maar moet kom fotos post dat ons kan raai! ;)

Ralmarie, stuur asseblief bietjie energie aan! Ek het nou net van Wolmaransstad Klerksdorp toe en terug gery vir Safety boots vir die klomp mans en ek is pe! Voel ek wil net slaap slaap slaap!!! :dry:

Ek het besluit om nie 'n monitor aan te skaf nie. Ons huis is maar sowat 15m van voor tot agter en die sitkamer, eetkamer en kombuis alles oopplan. Is seker ek sal vir kleinding kan hoor as hy dalk huil. :silly:

Sukkel enige van julle met hardlywigheid? Indien wel, wat gebruik julle daarvoor? :S

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 months ago #29045 by Pampoenpit
Replied by Pampoenpit on topic Re:Oktober mammies 2010
ek moet nog hierdie vir julle vertel. ons het lekker gelag oor die naweek. ek het my ouers gevra om 'n lysie name te gee.

my pa se naam is Albertus Hendrik, so die lysie bestaan toe uit name soos: Albert, Bert, Hendri, Hendré, ens. Maar oordat Lance nie n familie naam is nie, dog hulle toe om ook 'n "bekende" naam in te gooi. Die naam...wait for it....

Heinz Swanepoel.... :woohoo:

Ek lag nou nog as ek vir Heinz Winckler op TV sien. Baie oorspronklik van hulle, mar ons sal nou nie daai naam kies nie.

Eerste Baba: Seun, 01/09/2008
Tweede Baba: Seun, 5/10/2010
Woon in Kaapstad, en is al 7 jaar gelukkig getroud.


[/link]


[/link]

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 months ago #29009 by Handjievol
Replied by Handjievol on topic Re:Oktober mammies 2010
Heleen dit klink mooi saam. Stefan is 'n mooi naam. :)

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 months ago #28965 by Pampoenpit
Replied by Pampoenpit on topic Re:Oktober mammies 2010
wat dink julle van

Stefan Swanepoel?

die naam draai heeltyd in my kop. ek en my man het nog nie eens gepraat oor al die name nie. Hy werk nog elke aand tot laat om nuwe kantoor klaar te kry. ek gaan vanand help verf, dan kan ons name uitruil.

Eerste Baba: Seun, 01/09/2008
Tweede Baba: Seun, 5/10/2010
Woon in Kaapstad, en is al 7 jaar gelukkig getroud.


[/link]


[/link]

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 months ago #28958 by Pampoenpit
Replied by Pampoenpit on topic Re:Oktober mammies 2010
Rivan is iets anders!! dis mooi, ek hou daarvan. Ek ken n Divan. maar hou baie meer van Rivan!! dis pragtig, regtig:)

Eerste Baba: Seun, 01/09/2008
Tweede Baba: Seun, 5/10/2010
Woon in Kaapstad, en is al 7 jaar gelukkig getroud.


[/link]


[/link]

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 months ago #28947 by Pampoenpit
Replied by Pampoenpit on topic Re:Oktober mammies 2010
Hi julle, ek het vanogg my my eie gaan koffie drink by mugg en bean en n lekker scon gaan eet, voor my dag te woes raak. nou staan ek kook ek nog heeltyd babakos. my hande is bloedrooi, van beet!

Gerne, hoop die meds laat jou gou beter voel. Ken jy Panado se "med lemon" dis so sterk gemmer geur. dit het nogal vir my ook gehelp, veral om beter te slaap.

petro, is dit jy wat oor die borspomp wou weet. Ek persoonlik sal wag om te sien of ek cope met borsvoeding voor ek 'n pomp koop. Laas keer het ek so gou klaargemaak, nooit pomp nodig gehad nie. maar as dinge die keer goed gaan, sal ek 'n elektriese pomp verkies.

Angel Care is n MOET vir eerste ouers, dit gee baie gemoedsrus. dit help ook dat jy baba in kamer kan los en deur toe maak. met die monitor by jou weet jy presies wat aangaan. aan die begin wil jy heeltyd gaan kyk, maar later vertrou jy die monitor en voel tevrede. onthou baba slaap nie net in die nag nie! baba slaap eintlik meeste van die tyd. so as jy in dag in kombuis is, hou jy monitor by jou en baba kan rustig doedoe.
:side:

Eerste Baba: Seun, 01/09/2008
Tweede Baba: Seun, 5/10/2010
Woon in Kaapstad, en is al 7 jaar gelukkig getroud.


[/link]


[/link]

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 months ago #28924 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re:Oktober mammies 2010
Ek hou baie daarvan!! Hou manlief ook daarvan? Want dan dink ek het julle 'n wenner! :woohoo:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account