file Oktober mammies 2010

16 years 5 months ago #18941 by Handjievol
Replied by Handjievol on topic Re:Oktober mammies 2010
More almal. My naweek was heel rustig. Ongelukkig het my kinders 'n maagvirus iewers opgetel en het ons gisteraand nie veel geslaap nie. Jeanne (4) is net boontoe en ondertoe nog die heeltyd. So sy is op swart rooibostee.

Ja Christa ek gaan ook net op expo kyk vir prys en dan daai waentjie koop. Laat weet wat se die dokter, maar ek is seker jy sal. :silly:

Carmen wens ek was op 'n naweek weg jy maak my skoon jaloers. Bly jul het dit geniet.

Petro hoe gaan dit met jou?

Toodels tot later

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 5 months ago #18913 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re:Oktober mammies 2010
More almal! :cheer: Hoop julle het 'n heerlike naweek gehad! Carmen, bly julle is velig terug en het lekker gerus!

Ralmarie, bly jy hou van die waentjie. Ek het klaar besluit dis wat ek wil he. Gaan net by expo kyk of hulle prys beter is. Sal in die begin maar vir baba in die snug & save binne-in die waentjie sit. Ek is ook lus om self 'n duvetjie aan mekaar te slaan vir baba. :P

Nou ja, ek ry oor 15 minute Klerksdorp toe vir dr afspraak. Hoop hy kan dan se of dit pienk of blou is! :woohoo:

Chat weer later! :silly:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 5 months ago #18865 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re:Oktober mammies 2010
Hi julle

sjoe, ek moes nou eers bietjie opvang hoor!

Die naweek weg was regtig heerlik, dit was vreeslik rustig!

oor die Compactum, ek gaan nie een koop sover nie, dink daar gaan nie genoeg plek vir dit wees nie, en ons het 'n enkelbed ook in die kamer en 'n badtrollie idee, so ek sal seker sonder die compactum kan klaarkom. Mot nog babakamer begin maak, en actually nog alles koop, ek gaan maar kyk of ek soveel as moontlik specials op die expo kan kry! wie gaan almal die Sondag die 16 na die expo?

Ek sien vreeslik uit na my afspraak Dins, ek hoop so dat my gynae kan sien wat dit is!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 5 months ago #18834 by Handjievol
Replied by Handjievol on topic Re:Oktober mammies 2010
Babatjies maak baie dinge in mens wakker wat normaalweg al vergete is.

Ek kyk nou op die internet en daar is die mmoiste motiewe om te borduur (met 'n masjien ek is darem nie so fluks nie) om 'n duvetjie te maak.
dink boeta gaan 'n oulike duvetjie kry. :woohoo:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 5 months ago #18709 by Handjievol
Replied by Handjievol on topic Re:Oktober mammies 2010
Hi Melody bly jy het ons gevind.
Hoop jy rus goed uit die naweek en word sommer bietjie bederf. ;)

Petro die plaas atmosfeer is darem net anders as in die dorp. Ons is nou op 'n plot, maar kan nie kla nie dis beter as die dorp. :P

Lekker slaap almal.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 5 months ago #18688 by stella
Replied by stella on topic Re:Oktober mammies 2010
Ralmarie - hoop jou trippie was lekker. Ons op wildsplaas. word meestal vir jagdoeleindes gebruik.

het reeds 'n pram gekoop - chelino. ons wou die jeep ene koop maar dan moet mens die kar stoeltjie apart koop

hier is die ene wat ons gekoop het

[link=http://lilypie.com] [/link]
Attachments:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 5 months ago #18678 by Melody
Replied by Melody on topic Re:Oktober mammies 2010
Hello almal,

shoe dis deedsae dol by die werk. Toe ek n week terug eiteindelik die tyd kry om te wil chat toe is die hele "web site" sommer daarmee heen. Het nou n oomblikie tyd gekry en gelukkig vind ek jul almal hier.

Eks bly dit gaan goed met almal. Ek is dood moeg en het die laaste 3 dae lelik hoofpyn, maar ek glo as ek die naweek bietjie rus sal als beter wees vlgende week.

gelukkige Moedersdag vir al die mammas.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account