file Oktober mammies 2010

16 years 5 months ago #19933 by Estione30
Replied by Estione30 on topic Re:Oktober mammies 2010
oops... verkeerde foto, hier is die een met my laaitie wat in hom slaap. geboorte tot 6 maande se gat! my kind is amper 'n jaar oud en pas nog binne in.
Attachments:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 5 months ago #19929 by Estione30
Replied by Estione30 on topic Re:Oktober mammies 2010
daarsy, my kind doeks en ek is gebad en voel sommer stukke beter na hierdie aaklike dag. my man praat van 'n maand se verlof vat en alhoewel ek weet dit is onmoontlik aangesien hy sy eie besigheid bedryf sal net 'n paar dae darem lekker wees.

my dad land woensdag van indonesie af en sien ek vreeslik uit. ek kan nie wag om te sien hoe hy my seuntjie gaan geniet nie.

wel, ek kon myself nie help nie en my seuntjie slaap tans in die co-sleeper en heg ek vir julle 'n pic aan. skies ek karring so oor die ding, maar ek wou so graag een gehad en nou dat ek dit het moet ek spog.

lily en petro, nee wat, in hierdie huis beteken verjaarsdag, huweliksherdenking, valentynsdag en lyk my nou moedersdag ook niks vir my man nie. dit was nie eers gister vir my vreemd toe hy "vergeet" nie. ek het vrede gemaak daarmee dat ek nie op spesiale geleenthede bederf word nie, maar darem op ander dae. ek kry mits alles wat my hart begeer. ok..ok.. omtrent alles.

lily, ek hoop jou bloedruk raak beter, ek het ook lae bloedruk, maar gelukkig nie te erg nie.

christa, ek moet eerlik met jou wees dat ek nogal skepties was, maar is regtig verbaas. die kot het nie eers 'n krappie op nie en die enigste manier wat mens kan sien hy is gebruik is die merkies waar die skroewe ingaan. die dame het sommer vir my 'n kussing en 'n duvet saamgestuur wat in die co-sleeper pas.

die scan ding pla my regtig, want ek wil so graag weet wat die baba se geslag is voor die expo. ek sal daar 'n scan laat doen as ek nie andersins regkom nie, maar is nie lus vir lank wag nie.

petro, ek gaan beslis weer normaal kraam as ek kan. daar is net vir my meer voordele in normaal as anders.

ek sit nou lekker en gaap so gaan nag se. ek is seker meeste van die oktober mammas is al in die bed. soet drome droom almal.
Attachments:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 5 months ago #19888 by stella
Replied by stella on topic Re:Oktober mammies 2010
CARMEN - hoop jou wasgoed is binne !!!

[link=http://lilypie.com] [/link]

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 5 months ago #19887 by stella
Replied by stella on topic Re:Oktober mammies 2010
Sjo maar julle ouens het omtrent gepraat vandag.

my naweek was heel rustig ek en my man was saterdag vinnig in die dorp en toe net die hele naweek verder rondgele

annalize - shame kan dink jy is vrek kwaad vir jou man gewees. hoop hy maak volgende jaar 'n groot ophef.

GELUK christa - ja nee kyk - lyk my oktober gaan 'n blou maand wees. geniet die shop noudat jy weet wat dit is

ralmarie - ek is ook mal oor daai chelino waentjie wat jy wil koop. ek het maar die een met die kar stoeltjie gekoop, omdat dit ons 1ste baba is, en ons niks het nie. Ek moet se die Graco goed is net so mooi , maar net vrek duur. Ek dink Chelino se kwaliteit is net so goed.

Lily en Gerne - hoop dit gaan goed met julle twee, klink darem so

ek kan nie wag vir volgende scan - seker ek gaan dan nuwe edd kry. is vandag 14weke , maar was mos volgens vorige scan eintlik vandag al 15weke. dink my due date gaan dan skuif na 31oct of 1 nov

weet ook nog nie of ek keiser of normaal gaan doen nie. wat dink/doen/het gedoen julle ?

[link=http://lilypie.com] [/link]

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 5 months ago #19853 by Estione30
Replied by Estione30 on topic Re:Oktober mammies 2010
At the crowded Sandton bus stop a beautiful young blonde woman wearing a tight leather skirt was waiting for a bus.

As the bus stopped and it was her turn to get on, she became aware that her skirt was too tight to allow her leg to come up to the height of the first step of the bus.

Slightly embarrassed and with a quick smile to the bus driver, she reached behind her to unzip her skirt a little, thinking that this would give her enough slack to raise her leg. She tried to take the step, only to discover that she couldn't!

So, a little more embarrassed, she once again reached behind her to unzip her skirt a little more, and for the second time attempted the step. Once again, much to her chagrin, she could not raise her leg.

With a little smile to the driver, she again reached behind to unzip a little more and again was unable to take the step.

About this time, Hennie, a fris boerseun from Kakamas, who was standing behind her picked her up easily by the waist and placed her gently on the step of the bus. She went ballistic and turned to the would-be
Samaritan and screeched, 'How dare you touch my body! I don't even know who you are!'

Hennie smiled and in his best English answered her : 'Well, ma'am, normally I would agree wiff you, but after you unzipped my fly free times, I kinda figured we was friends.'

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 5 months ago #19831 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re:Oktober mammies 2010
Annalize, goed om te hoor jy is so tevrede met jou co-sleeper! Ek is altyd bang vir sulke goed so koop, mens hoor so baie van mense wat hulle vasloop! :P Ek hoop jy kry iemand om jou scan te doen, anders moet jy maar soos die ander vir die 4d by die expo gaan. Iemand het iets gepraat van R400 as ek reg onthou. :unsure:

Julle moet almal 'n heerlike aand he! :P

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 5 months ago #19818 by Lily
Replied by Lily on topic Re:Oktober mammies 2010
Geluk Christa!! Lyk my ons groepie raak al hoe blouer! :cheer:

Wie se afspraak is nou volgende - Gerne?
Petro - bly alles nog reg met baba!

My kop is skoon aan die draai van gister af, vanoggend so ampertjies flou geval - kan môre darem bloeddruk toets - was reeds baie laag laasmaand, so ek dink dis nou ekstra laag...


Bly jy geniet die co-sleeper Annalize! Klink my as dit so bietjie groter was het jy sommer self daar ingekruip. :silly: Of dalk moet jou man daarin slaap omdat hy moedersdag vergeet het!

Ons leef self op avo's die afgelope paar dae, te lekker!

Hoop julle almal het 'n lekker, rustige aand.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account