file Oktober mammies 2010

16 years 5 months ago #18428 by stella
Replied by stella on topic Re:Oktober mammies 2010
Hallo Almal

Kon darem met die dok praat. Sy se dis blykbaar die placenta wat skuif, of so iets. sy het progesteroon aanvullings voorgeskryf om die swangerskap te help ondersteun.

nou moet ek net iemand kry wat in die dorp is om die goed vir my te bring. ek sit mos 60km buite kimberley op die flippen plaas.

ek probeer ook nou fotos opsit van 12/13 weke scan

[link=http://lilypie.com] [/link]

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 5 months ago #18301 by Handjievol
Replied by Handjievol on topic Re:Oktober mammies 2010
Vir julle wat nie na 5 hier gaan wees nie, julle moet 'n lekker naweek he. Rus lekker en moenie siek word nie. :X

Ek gaan gou Klerksdorp toe en is eers weer later terug. ;)

Tata4now :whistle:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 5 months ago #18289 by Lily
Replied by Lily on topic Re:Oktober mammies 2010
Ag ja, Ralmarie, nuut bly maar lekker! :silly:

Dink julle het my oortuig oor die laaikas - klink bruikbaar vir baie langer! Gerne, 'n compactum is eintlik ook maar net 'n kas wat amper dieselfde hoogte as laaikas is, met laaie/rakkies en dan het party reeds die baba badjie ingebou / handdoek reëlings / rand om die kant om te keer dat baba afrol as bo-op lê. Maar dis meer van 'n "gadget" as die laaikas... :laugh:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 5 months ago #18219 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re:Oktober mammies 2010
Ek is nie eers heeltemal seker wat 'n compactum is nie LOL Ek het vir henko 'n laai kas gekoop by Baby boom met 4 laaie en 'n kassie aan die regterkant. dit werk soos 'n droom!

Ek trek hom nou nog daarop aan en ruil sy doek, die kas is lekker breed so hy pas nog lekker op. die laai is fantasties want al sy klere is daarin.

Ek het gedink om nog so kas te kry vir baba, ons sal die kaste gebruik vir nog BAIE lank, as daar nie meer klere ingepas kan word nie kan jy boeke insit of speelgoed of watookal. Ek het ook die badjie op die kas gesit toe hy baba was.

en dis 'n lekker hoogte sodat ruggie nie seer word nie.

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 5 months ago #18157 by Handjievol
Replied by Handjievol on topic Re:Oktober mammies 2010
Lily ek persoonlik dink 'n kas met laaie / laaikas is beter. Het self daai opsie gedoen en gebruik dit nog al die pad.

Ek was ook nou op junkmail gebrowse en daar is regtig bargains in. Selfs vir laaikassies.

Petro is jy al terug van die dokter?

Ek dink ook 2de hands as jy dit in goeie toestand kry is dit baie meer die moeite werd en meer as die helfte goedkoper jy kan soveel meer koop. :)

Maar nuut bly maar lekker! :silly:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 5 months ago #18150 by Lily
Replied by Lily on topic Re:Oktober mammies 2010
Jou foto's is te mooi Ralmarie! So ou voetjie in die lug! Ja nee, geniet die blou - dis immers jare wat jy in die pienk was! :)

Bly jy voel beter Gerne, en Petro laat weet asb. hoe dit gaan en wat sê dr.

Het lekker gelag vir jou beskrywing oor wat met al die nuwe goed gebeur het na Henko daar was Gerne (veral die lowergroen gras)! :laugh: Dit laat my sommer beter voel, wil so graag al begin koop en alles regkry en mooimaak (kom ons noem dit maar nuwe mamma sindroom :P ), maar nie moontlik op die stadium, dis mos maar altyd sleg as die realiteit nie heeltemal uitwerk soos die prentjie in jou kop nie. Het nie eers gedink aan Junkmail nie, sal defnitief daar loer!

Wat's julle opinie van 'n compactum? Nodig, nie nodig? Wil graag hout een kry om te pas by hout kot (sleigh), maar nou probeer ek ook langtermyn dink en dan lyk 'n kas met laaie weer vir my beter...

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 5 months ago #18120 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re:Oktober mammies 2010
Mensig, maar julle gesels omtrent vandag! :cheer:

Ralmarie, ek is mal oor jou fotos. Mens kan darem baie duidelik sien dis 'n ou seuntjie! Geniet daai "blou" kopie! :laugh:

Gerne, ek stem ook vir 2de hands koop. Het 'n hele paar goed so gekoop. Dit werk heelwat goedkoper uit! :P

Happy, wanneer wil julle kaap toe gaan vir die vakansie? Tyd speel nogal 'n groot rol oor watter deel van die kaap lekker is om te wees. :huh: Terloops as jy die pram en dra-stoeltjie saam koop werk dit vrek duur uit. Die stoeltjie is so R500 los en 'n pram so R1000 tot R1500. In 'n stel is dit nie minder as R2500 nie. Ons kort gelukkig nog net 'n pram. :cheer:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account