Hallo dames.
ek voel vandag baie beter. weet nie of gister net 'n vinnige bug was of wat nie maar dit voel hy is weg (ek hoop!).
Agnee Petro, is jy okay? Laat weet asb.
Annalize, daai cosleeper klink regtig oulik.
Christa, die apteek het nie van die panado med lemon gehad nie toe het ek maar eers alles gelos en sal hul dit vandag vir my he. gaan sommer opstok vir ingeval ek weer so voel.
ook maar goed want toe ek by die huis kom is boetie so van die snot en sy oe traan. lyk my hy het ook maar 'n slegte verkoue. sy medisyne is ook amper op so nou kan ek vandag alles gelyk kry en betaal.
Happy girl, jy laat my so baie aan myself dink toe ek swanger was met henko. ALLES moes PERFEK gewees het. ek het die hele huis laat uitverf, nuwe mat gekoop vir die sitkamer, nuwe eetkamerstel (want ons gaan mos nou as familie saam by die tafel sit en eet). Sy kamer was al teen week 20 KLAAR. my man moes tot sorg dat die gras lower groen is vir hom om op te speel. o my genade het ek vir jou 'n surprise gekry:
hy het die eerste paar weke net geslaap, geskuit en geskree. so hy was net in die kamer. toe hy begin sit was dit winter en die gras wat toe elkgeval geel so hy het glad nie buite gesit nie. die mooi nuwe mat is gevlek met bottels wat omgeval het en gemors het, tee bottels en opgooi wat hier en daar die doek gemis het, lolliepops en biltong wat aan gesuig is. ons het die splinter nuwe eetkamerstel garage toe geskuif want daar was nie genoeg plek vir sy loopring en ander gadgets nie.
Ek oordryf seker nou maar so bietjie maar ja, dis min of meer hoe dinge gebeur het. en maak nie saak wat ek of enige iemand vir jou se nie, as dit mens se eerste swangerskap is is ons vrouens maar almal so erg
Ek voel nou half skuldig want ek het nog so min "aandag" aan peanut gegee maar ek weet die keer, vat dit rustig kalmeer want baba het nie nuwe eetkamer stelle en nuwe verf nodig nie, net mamma en pappa se liefde