file Oktober mammies 2010

16 years 5 months ago #17093 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re:Oktober mammies 2010
Gerne, medlemon is vol aspiriene. Dis so goed jy sluk disprins! Iemand het gepraat van panado hot toddy of so iets. Klink of dit soortgelyk aan med lemon moet wees. Dalk kan iemand anders help met die naam, ek is nie seker nie. Probeer ook suurlemoensap met heuning in bietjie kookwater en drink so warm as wat jy kan.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 5 months ago #17086 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re:Oktober mammies 2010
Gerne, dalk moet jy mosesbasket google en kyk wat kry jy. Mens kry mos allerhande tipes. :unsure: Simpatie met die verkoue, ek veg myne ook nog. Het sommer gisteraand in trane uitgebars omdat ek goor en siek en wees en aaklig voel! En o tog so jammer vir myself! My mna het gelukkig die wereld se geduld as ek die slag huil, omdat dit nie sommer gebeur nie. :)

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 5 months ago #17076 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re:Oktober mammies 2010
Julle het mos gese ons kan cal c vita drink ne! wat van med lemon?

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:

File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 5 months ago #17075 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re:Oktober mammies 2010
Lol Christa! Ja nee, ons het meer as genoeg om te deel met almal! :P

Ralmarie, wat van Andro?

Helene, dis baie moontlik, is nie seker nie, maar my vriendin het goed by hom bestel en sy was baie happy met dit! Bv. vir 'n standaardkot in die winkels betaal jy R2000.00. Ek wil een bestel wat nog 2 laaie onder aan het ook en dit kos R1350 by hom!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 5 months ago #17071 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re:Oktober mammies 2010
Christa, seker maar Henko het in sy carry cot geslaap vir die eerste 5maande in ons kamer so ek het gedink die moses basket gaan beter wees want dis darem op pote. Peanut gaan ook in ons kamer slaap en dan eers kot toe gaan as ek terug gaan werk toe.

Helene, kan dit nie dalk wees omdat jy swanger is nie ? ;). HOop jy voel gou beter.

Agnee julle, ek het nou net ewe skielik hierdie vreeslike griep tiepe kopseer gekry en koue lyf. Agnee ek wil nie nou siek wees nie. as ek mos griep of verkoue kry huil ek mos. ek huil sommer omdat my lyf seer is en omdat ek nie lekker voel nie (en tien teen een omdat ek baie jammer vir myself voel). ai tog.

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:

File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 5 months ago #17037 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re:Oktober mammies 2010
Ralmarie, wat van Dieter vir die nuwe boeta? Dis net soos ouboet sin 'n Duitse naam en klink mooi saam met julle van.

Tieties?! Ek val soos Carmen in die DD kategorie. Wil iemand bietjie he? Het gelukkig nog niks groter geword nie, net heelwat swaarder!!!

Gerne, gaan baba nie baie kort in daai mandjie slaap nie? Dis mos maar klein.

Helene, kry tissue salt no 11. Dit help vir die naar!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 5 months ago #16989 by Pampoenpit
Replied by Pampoenpit on topic Re:Oktober mammies 2010
wow die man se hout goed lyk vreeslik nice. verskaf hy nie aan Baby City nie, daai Cot, Compactum en rocking chair het ek al daar gesien.

Ek is vanogg om een of ander rede naar. voel sommer goor.

Eerste Baba: Seun, 01/09/2008
Tweede Baba: Seun, 5/10/2010
Woon in Kaapstad, en is al 7 jaar gelukkig getroud.

[/link]

[/link]

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account