file Oktober mammies 2010

16 years 5 months ago #11870 by Estione30
Replied by Estione30 on topic Re:Oktober mammies 2010
'n Man waai sy arms om aandag te trek op die N1 waar hy langs sy gebreekte bakkie staan. 'n Gawe blond trek af om die ou te help.

Die man loop na haar kar toe: "Hello dame, jy gaan nie dalk Pretoria se kant toe nie?", vra hy. "Sure", antwoord sy. "Het jy 'n lift nodig?"

"Nee, nie vir my nie. Ek moet my bakkie probeer fix, maar hierdie twee chimps moet by die Pretoria dieretuin uitkom.
Hulle is al klaar bietjie uitgefreak en ek wil hulle nie heeldag op die pad hou nie. Kan jy hulle dalk dieretuin toe vat? Ek sal jou R200 vir jou moeite gee."

Met 'n glimlag antwoord die blond: "Natuurlik. Ek is mal oor diere! Ek doen dit met graagte!" Sy sit die twee outjies in haar kar en strap die seatbelts vas en daar gaan hulle.

Paar ure later ry die man in Pretoria in en ry toevallig verby die blond en sien die chimps nog steeds in haar kar.
Hy beduie haar om af te trek en hardloop hoogs die ^&*(*) in na haar kar toe.
"Wat maak die chimps nog steeds in jou kar?! Ek het jou R200 gegee en mooi gevra om hulle dieretuin toe te vat!"
"Ek weet", antwoord die blond. "Ek het hulle dieretuin toe gevat, maar daar is nog geld oor, so ons is oppad Brooklyn toe om te gaan fliek."

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 5 months ago #11864 by Estione30
Replied by Estione30 on topic Re:Oktober mammies 2010
Mag vandag ‘n gewone dag wees volgepak met gewone goed. ‘n Koppie koffie wat jy nie self hoef te maak nie, ‘n Onverwagte oproep of sms van ‘n ou vriend. Groen verkeersligte die hele pad werk toe. Wakker word van voëltjies wat buite sing... Mag die broodrolletjies wat jy koop Nou net vars uit die oond kom En jou skoene nie jou kleintoontjie druk nie. Ek hoop jy kry jou karsleutels waar jy dit neergesit het. Dat jy die sonskyn op jou vel sal voel. Geniet daardie lekker saamsingliedjie oor die radio. Mag iemand jou ‘n verbyloop drukkie gee. En die hond jou ‘n nat welkomlek. Dat jy nêrens in ‘n tou hoef te staan nie. Mag iemand jou vra om vir hom ‘n guns te doen. Kyk die reënboog kleure in die sproeier-reën! Ek hoop jy sal stilstaan om aan ‘n blom te ruik. Ek hoop jy tel ‘n voëlveertjie op. Ek hoop iemand glimlag vir jou omdat jy kaalvoet loop. En eerste die blink aandster gewaar. Ek hoop jy ruik die jasmyn in die wind. Wanneer jy later terugsak in ‘n geurige skuimbad, Besef dit was ‘n dag vol wegkruip-wonderwerke! Sodat jy vanaand kan terugsit... Gekoester Geseënd Tevrede!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 5 months ago #11721 by Handjievol
Replied by Handjievol on topic Re:Oktober mammies 2010
Sjoe ek het gou na die waentjies gaan kyk en dit lyk goed. Ek gaan Vrydag Kroonstad toe en moet dalk Klerksdorp om terug ry en gou gaan loer. :)

Lekker aand vir almal. :P

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 5 months ago #11677 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re:Oktober mammies 2010
Lekker aand vir julle! Ons gaan 'n slag op tyd huistoe! :woohoo: :) :laugh:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 5 months ago #11671 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re:Oktober mammies 2010
Gerne, daai pram is ook een knoppie druk. Dis vir my ook 'n vereiste. Ek wil nie met baba in die een hand nog sukkel om die pram op te vou en te bere nie! :unsure:

Ek wil sommer nou al vir die klasse reel. Is bang ek wag te lank en dan is daar nie plek nie. Klerksdorp het net twee wat dit aanbied sover ek weet. Die een is 'n roker en werk blykbaar met haar rokers-asem met mens en ek is totaal anti-rook. Sorry as ek op tone trap, maar ek het erge asma gehad as gevolg van ander mense se rook en haat dit. :angry: Dis egter niks persoonlik nie! (Weet nie eers of een van julle rook nie!) :P

Helene, gelukkig was dit swart peper! Ek kan aan heelwat erger dinge dink! :S

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 5 months ago #11650 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re:Oktober mammies 2010
Carmen, ons moet maar in die hospitaal le en mekaar update via ons selfone ne!!! Mekaar moed in praat :)

Ek dink ons klasse was so van die 30ste week af. Ja dis reg. Elke week een keer. Dit was so lekker, van die mammas was saam my in die hospitaal :) So ons het lekker gesels.

Oe christa, dis baie mooi, en regtig nie so groot nie!!! mmmmmm!!!

Meeste van die prams is nou so een knoppie druk. baie maklik!

Helene, wat 'n craving. juck!

Lekker aand vir almal. :kiss:

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 5 months ago #11625 by Pampoenpit
Replied by Pampoenpit on topic Re:Oktober mammies 2010
sjoe, julle het vandag baie gechat. ek sal vanand voor die tv sit en lees. lekker aandjie vir julle.

wil net se, my man het defnitief met my vorige swangerskap n craving gehad vir SWART PEPER!!! hy het oor alles swart peper gegooi, en sommer lekker dik. dit was net terwyl ek swanger was, daarna was dit weg....haha

my ma vertel weer dat my pa sooi brand gekry het met een van haar swangerskappe. wens my man wil ook daai een oorvat!!

Eerste Baba: Seun, 01/09/2008
Tweede Baba: Seun, 5/10/2010
Woon in Kaapstad, en is al 7 jaar gelukkig getroud.


[/link]


[/link]

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account