file Oktober mammies 2010

16 years 5 months ago #12885 by Elise
Replied by Elise on topic Re:Oktober mammies 2010
More almal hoe gaan dit met julle
Met ons gaan dit goed. is net bietjie moeg het gister aand tot laat dvds saam manlief gekyk het ook lake placide 2 gekyk grouse ek wil nooit in so n krokie se mond beland nie, het ook one missed call gekyk die van julle wat soos ek van horrors hou kan dit kyk dit was regtig baie goed sal dit enige tyd aanbeveel nou het ek nog boogey man 2 om te kyk kan nie onthou of ek dit gesien het nie. Julle moet onthou The back up plan kom nou uit in die cinnema dit gaan baie goed wees en julle kan ook the bounty hunter en jakhalsdans gaan kyk dit was baie goed.

Ek het n aardige kopseer vandag dink dis al die movies.

Julle gaan nie glo nie maar ek is alw lus vir my condensmelk en nou het ek nie meer nie ek huil sommer.

Lekker daggie almal

Samantha Mikayla Vermeulen Gebore 20 Septermber 2010 09h32 3.24 kg 51cm
1 week oud: 3.4kg
4 weke oud: 4.1kg
6weke oud: 4.65kg



File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 5 months ago #12697 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re:Oktober mammies 2010
Lekker aand vir julle almal! En soet drome! :)

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 5 months ago #12683 by Lies
Replied by Lies on topic Re:Oktober mammies 2010
Hallo Mammas,

Moes nou darem baie lees om in te haal.

Gerne, jou kamer is pragtig. "My" babakamer is natuurlik pink en nou moet als weer terugverander na 'n kleur vir beide!

Ek het ook 'n carry cot, camp cot en hout cot gekry met my dogtertjie. Die carry cot het ek gebruik toe sy baie klein was, veral as ons weggegaan het. Later het sy in die camp cot begin slaap en toe sy begin regop staan het ek haar oorgeskuif na die hout cot toe. Ek het regtig al drie gebruik. Ek het ook die Angel care monitor waaroor ek mal was en ek gebruik nogsteeds net die monitor want sy slaap in haar eie kamer! Ek sal dit beslis met my seuntjie ook gebruik.

Ek dink ook dit hang van elke mamma af! Van my vriendinne het baie ekstra goeters waaroor hulle mal is. My kleinding het weer nie van die playgim gehou nie so ek was bly ek het nooit een gekoop nie. Een van my vriendinne het vir my een geleen!

Lekker aand vir almal!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 5 months ago #12674 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re:Oktober mammies 2010
Ha ha Analize ek lag vir jou 'gadgets' wat jy gekoop het. alles wat jy opgenoem het is goed wat ander vrouens vir my gese het is onnodig :)

Ek het wel 'n monitor ding gekoop teen R500, ek dink ons het hom een keer gebruik. En my skoonma het vir my gese, jy sal jou baba in die nag hoor maar ek wou haar nie glo nie. LOL, so leer mens!

'n campcot is baie handig, ek sal dalk myne met baba bietjie meer gebruik.

Dankie Christa!!! Baie harde werk het daarin gegaan, ek het omtrent alles self gemaak en geverf! Ek is mal oor sulke kreatiewe takies aan te pak.

Lekker neut en wortel muffins, dis wat ek dink ek gaan eerste bak :) :)

Julle moet almal 'n lekker aandjie he, ek hoop my seuntjie is beter vanaand want hy was vanoggend baie kwaai, mamma het nie vanaand krag vir kwaai kinders nie :)

Lekker aand. tata

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 5 months ago #12669 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re:Oktober mammies 2010
Ralmarie, lyk my jy is 'n super besige mamma! :P

Carmen, moet se die lekker as iemand so help met die nodige. Het by my sus 'n kampkot en karstoeltjie oorgeneem! Dit pas mens se sak op die einde van die dag. :P

Wat dink julle van 'n "playgym"? My sus beveel dit aan as baie goeie stimulasie, maar dis darem baie duur! Tensy mens die goedkoper weergawe koop(R100 by Reggies). Wat dink die ervare mammas? :unsure:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 5 months ago #12658 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re:Oktober mammies 2010
Hi lily, dankie man! Ek het nogal my carry cot baie gebruik. henko het in hom geslaap in ons kamer op sulke twee poef stoeltjie goedjies hy het tot 6 maande in die ding geslaap en een oggend toe ek wakker word le hy op die grond, hy het uit hom uitgeklim :)

Anders het ek die carry cot sommer net so in die kot gesit, dis lekker cosy vir hulle.

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 5 months ago #12646 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re:Oktober mammies 2010
Gerne, ek is mal oor jou baba-kamer! dis pragtig! :woohoo:

Ons het besluit op 'n camping cot. As mens wil weggaan vir vakansie, vou jy dit eenvoudig op en laai dit in. Lekker gemaklik! :)

Annalize, dit lyk my jy is 'n regte DIY vrou! Is lekker as mesn dinge self kan doen en nie altyd vir DH hoef te wag nie! :P Ek probeer ook soveel moontlik self doen. Is heeltemal te ongeduldig om te wag! ;)

Almal met hulle bakkery laat my wonder of ek nie ook iets moet probeer nie. :blink: Sal maar sien.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account