Lily, oor die goed wat nie gebruik word nie. Ek het n bumbo seat persent gekry by my ma. wou dit graag gehad het en sou dit self gekoop het as ek dit nie gekry het nie. Ek het dit 2maande op die langste gebruik. nie persoonlik mal daaroor nie, dit is blykbaar ook nie goed vir ontwikkeling nie, want hulle is net passief daarin. Dis beter om jou kind in 'n boks met kussings te sit, waar hy kan bene skop ens. maar ek moet byvoeg, die 2 maande wat hy wel daarin gesit het, het ek hom daarin gevoer, maar jy kan jou 'snug&safe' ook gebruik. So baie mense het anyway nou so ding, ek is seker iemand kan virjou so een leen. of as jy regtig een soek, gaan kry vir jou een by 'n second hand baby shop.
Carmen, jy sien regtig kans vir baie om 10km te gaan stap. good luck. En ook jammer om te hoor van jou familie. Dit ruk n mens so erg as misdaad naby aan jou gebeur. Ons is self al deur n inbraak, maar darem nie skelms self gesien nie. Die feit dat mense in my huis was, was al reeds baie erg. kan net dink as jy iemand moet verloor....oe, nee. dit maak 'n mens bitter. Julle moet sterk wees, dit sal seker altyd seer wees.