file Oktober mammies 2010

16 years 5 months ago #11525 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re:Oktober mammies 2010
Gerne, moet se ek sal glad nie vir baba in die pram groot maak nie. :huh:

Die 3-wiel pram waarna ek gekyk het vou omtrent so groot soos 'n skooltas op. Dus is dit glad nie so groot nie. Jy moet met jou kar na die plekke gaan en vir hulle se jy wil dit in die boot pas om seker te maak dit pas in. Hulle is gewoonlik nie snaaks nie. :P

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 5 months ago #11520 by Handjievol
Replied by Handjievol on topic Re:Oktober mammies 2010
Christa ek sukkel ook met rugpyn. Die ergste is ek staan in die oggend op dan is my rug seerder as wat dit die vorige nag was.
O ja en voorgeboorte klasse is seker oulik, ek was nog net nooit by enige nie. Moet se die oomblik as mens daai klein bondeltjie vashou skop moedernatuur in en weet jy net wat om te doen.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 5 months ago #11513 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re:Oktober mammies 2010
Julle, ons het regtig ons pram minimaal gebruik. net as ons mall toe gegaan het. Ons loop seker nie so baie rond nie.

Dis hoekom ek iets kleiner en goedkoper wou kry. Daar is mense wat hul babatjies in die pram grootmaak, daar laat slaap in die nag en alles, maar ons het glad nie.

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:

File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 5 months ago #11511 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re:Oktober mammies 2010
Ralmarie, weet nie hoe goed jy Klerksdorp ken nie. By MCC Spar is daar 'n Baby Shoppe. Daar kos hulle R 1000. Is beskikbaar in Turqoois (spelling?), oranje en rooi en dis gekombineer met 'n sagte grys. Al hierdie donker waentjies is vir my aaklig! Ek is mal oor die turqoois! :woohoo:

Sal maklike aanwysings kan gee as jy nie weet waar dit is nie. :)

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 5 months ago #11504 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re:Oktober mammies 2010
Ag my, maar ons is omtrent almal gelukkig met ons afsprake!!! Yay man.

Hoop en hou styf duime en tone vas dat ons almal in die volgende 2 weke kan sien wat ons verwag! Dan begin die groot shop :laugh: :lol: ;)

Ralmarie, ek het ook nog GLAD nie na baba klere gekyk nie omrede ons dink dis 'n seun - ek ken mos al die seuntjie goed en soos ek gese het, ek gaan nie veel hoef te shop nie.

Dit lyk ook vir my of daai prams baie lekker ry. Ek het net iewers gehoor dit vat bietjie meer spasie, en ons Graco wat ons gehad het het nie in my boot gepas nie so ek sal dalk nie so ieiets kan vat nie.

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:

File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 5 months ago #11501 by Handjievol
Replied by Handjievol on topic Re:Oktober mammies 2010
Christa my man gaan definitief, ek besluit nog of ek die jaar wil gaan. Tog is dit lekker as mens eers daar is.

Waar het jy so goedkoop 3 wiel pram gesien?
My goedkoopste was R2500 wat ek sover gesien het.
:huh:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 5 months ago #11500 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re:Oktober mammies 2010
Gaan enige van die nuwe mammas vir geboorte klasse? Ek oorweeg dit ernstig, is maar baie dom met babas. :S

Sukkel enige een van julle met rugpyn? Ek le ure in die nag om as gevolg daarvan. Dis ongelooflik seer! :(

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account