file *** Maart/April 2009 Mammas***

15 years 11 months ago #110372 by Kimika
Ek onthou ook daai storie!! Dit was die pa en die bakkie se deur kon nie oop nie, toe op een of ander snaakse manier het die deur oopgegaan en die 2 kids val uit.. was baie hartseer!

Ag man, net sommer simpel goed wat skeefloop so vroeg op 'n maandag en dan nog mense wat my sommer 'n pyn gee net omdat hulle is wie hulle is :( Dis soms rerig moeilik om 'n goeie mens te wees en jou naaste lief te he, hulle maak dit so damn moeilik! Maar toemaar, dat ek net eers weer oor dit kom :)

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 11 months ago #110348 by Delucey
Kyk die stadige internet met my foon is erg irriterend!! Maar nou ja ten minste is ek nie heeltemal afgesny van die buitewereld nie :P

Ja Kimika ek stem daai oor die kinders ry is vir my erg. Ek weet nie hoe voel mens as dit jy is wat oor een ry nie. En die kleintjies dink ook nie dat mens hulle nie kan sien nie! Ek onthou weer eenkeer toe Eben nog by die dagmoeder was vertel die dagmoeder my van die oupa wat met die twee kleintjies gery het op sy plaas of iets en toe hulle om 'n draai gaan gaan die deur oop (kleintije seker die deur oopgemaak of iets), altwee kleintjies by die deur uit en ry hy oor altwee! Altwee dood!!! Ek kry sommer hoendervrleis net om daaraan te dink...

Wat maak jou maandag so blou? :(

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 25 minutes ago #110207 by Kimika
ooo Kitty, dis def een van my grootste vrese is swembad! My ma-hulle het 'n oop swembad en 3 helse groot visdamme!! Shame die mense moet seker hartgebroke wees.. dis darem vreeslik hartseer!

My tweede grootste vrees is die ding wat al hoe meer gebeur dat mense uit hul garage ry en oor die arme kindjies ry!! Hulle speel dalk net buite wanneer jy dit nie verwag nie en hoor hulle nie! Ek het nou in die laaste ruk van 3 gehoor wat deur hulle pa of oupa of iemand doodgery is :( oooo mense!

Delucey, shame man, julle het seker vreeslik groot geskrik! Hoop regtig nie dit kos baie nie !! Hopenlik sal die week beter gaan.. ek is besig om 'n blou Maandag te he.. so sal aan jou dink!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 12 hours ago #110150 by Delucey
Sjoe Kitty dis bad.. en dis my GROOTSTE vrees met skoonma en haar swembad ook. Maar nee ek is mos net over paranoid! Ai... ek kan nie dink waardeur hulle moet gaan nie.. ek sal nie so iets kan verwerk nie.

Was dit hul enigste kind?

Ai ek moet se ek het nie 'n goeie week agter die rug nie en is bly ons begin more met 'n nuwe een! Die Kersie op die koek was natuurlik toe ons vrydag van skoonma af ry na ons vir Eben daar afgelaai het vir 'n kuier en my man in 'n verkeersirkel skielik moes rem vir iemand. Hoor ons 'n slag en woeps niks remme nie!!! Ek is so bly dit het nie gebeur toe ek alleen was nie. En ek wil nie eers weet wat dit my gaan kos nie. Ek koop nooit weer 'n europese kar nie. So maand of wat terug het 'n plek my vir 'n nuwe clutch vir die citroen R25 000 gekwoteer! So ek ry nou maar so en hoop vir die beste. So hou duim vas die remme gaan my nie soveel kos nie.

En nou is ons ADSL lyn ook nog af so ek connect net gou "vinnig" met my foon :) Ek ly aan ontrekkingsimptome!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 15 hours ago #110125 by kittycat
Replied by kittycat on topic Re: *** Maart/April 2009 Mammas***
Julle, ek het nou net gehoor 'n ou skoolvriendin van my se 4jarige seuntjie het in die Ouma se swembad gister verdrink!!!
Ek voel SO ontsettend sleg vir haar.. ek kan nie eers myself voorstel hoe mens so iets OOIT moet/sal/kan kom nie??????!!!!!!!!!!
Sy het my nog laas week ge email, en vir my foto's van die seuntjie gestuur.. Sjoe julle, ek huil my sommer dood....

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 3 days ago - 16 years 2 days ago #109962 by Vixie Pixie
Sorry guys, posted in the wrong topic! have a great weekend!

Baby Bear Creations
vickie@babybear.co.za www.babybear.co.za

File Attachment:


File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 3 days ago #109943 by Kimika
Delucey, baie dankie dis great naam idees!

Ek hou ook baie van Eben maar dis my nefie se naam en niemand in my familie hou baie van hom nie..

Ruan, Ulrich en Regardt is op my lys :)

En ek is net so mal oor Ewald maar dis my sussie se ou se naam , so dit sal net weird wees ;)

Ek hou nogal van Aiden, het dit nog nie vir manlief genoem nie want hy is nie so mal oor die engelse name nie, maar dis darem nie te erg engels nie.. sal maar wag dat hy in 'n super goeie bui is voor ek daai ene opbring ! ;)

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account