file *** Maart/April 2009 Mammas***

15 years 11 months ago #113192 by junita
Sjoe Delucey, sou ook groot geskrik het !!!
Jammer oor die kar, dit moet 'n pyn wees, ek baie afhanklik van my ryding !

Luan nou die dag weer geval, dat my man my geskel het dat ek soos die vrotste ma ooit gevoel het !!!
Hy klim op die bank tot op die vrieskas en dan spring hy daarvandaan weer op die bank en toe spring hy mis, anyway miskien het ek dit al vir julle vertel :unsure: , ek hom gesien maar te laat gereageer en ja, gelukkig hy "fine" gewees.

Ag ek gaan nie eers probeer om Luan te meet nie, hy kan nie eers stil lê vir aantrek of doek nie ! Gaan in die maand vir sy inenting dan sal ek laat meet en weeg ens.

Kimika hy lyk te pragtig in die foto, Luan ry ook sussie se ou broem broem, hy gooi hom so skeef, sodat hy met sy een beentjie kan trap, en hy laat wiel hoor en as hy moet omdraai, dan lig die gatkant sommer so, hehe hy rof jong ! Hy love daai fietsie baie !

Mother of Telitha 7 years and Luan 1 year.

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 11 months ago #113155 by Delucey
Ja kyk ek hoop sy het darem al 'n bietjie meer hare teen die tyd wat sy twee is... daai heel klein knippies bly nie eers in haar hare nie. Kyk die mense in die winkels kan ook maar lekker dig wees. Ek trek haar van kop tot tone pienk aan dan word daar vir my gese Ag dis 'n mooi seuntjie :whistle: ai Maar ek sien ook positiewe kant - ten minste sukkel ek nog nie met hare wat koek en in die oe hang nie :P

Sal moet gaan kyk vir die dvds wanneer ek nou eendag weer 'n kar het.

Die doeke is maar partykeer net so 'n mission soos die klere. Bianca is weer fris gebou. Ek se mos sy is glad nie 'n klein fyn dogtertjie nie. Sy dra nou Huggies se nommer 5 doeke en dit pas darem mooi om die middel.

Ek is nou vanoggend aangese deur my blou oog mini dude dat ek 'n rooi koek moet maak. So ek het nou gou die koek gemaak (daai mikrogolf koek wat ek mos so gereeld maak) en sal nou nou moet kyk of ek die koek rooi kry. dink ek het pienk. dalk maar 'n erg pienk een maak haahaha Ons het mos nou die dag 'n blou een moes maak. My man wou dit nie eet nie hy se dit lyk nie vir hom goed nie hahaahaha Maar dit was lekker... is mos maar net die versiersuiker wat blou is :)

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 11 months ago #113133 by Kimika
Dis vir my so cute foto.. sy model "look"

Delucey, jy sal nie glo as jy nou na sy 1jaar oud fotos kyk hoe baie hare hy gekry het nie!! Maar dis meestal die boonste hare, as jy dit oplig is die onderste so fyntjies.

Ag nee man, hoe moet mens nou jou dinge doen sonder 'n kar!!?? Shame jy werk jou dood! Wens ek was net so bietjie nader dan kon ek Bianca vir jou oppas vir 'n ruk. Gaan kyk bietjie by Pick 'n Pay, hulle verkoop party van die kids dvd's vir R50! Dis die moeite werd om hulle daar neer te sit as dit jou *sanity* bewaar ;)

Kitty, :) dis partykeer lekker as hulle bietjie weggaan maar dan is hulle 'n rukkie weg dan mis mens hulle weer! Jy sal nie glo hoe dun is Pietertjie se middeltjie nie!! Die nr 4+ doek kan omtrent oorkruis en al sy 12-18mnde broekies is heeltemal te groot om die middel.. ek moet hulle invat.

2Kidmamma, jy is enige tyd mos welkom!!! Is jy nie eintlik engels nie? Jou afrikaans is darem goed :) Maar jy is meer as welkom om in engels te chat :)

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 11 months ago #113129 by Delucey
Jy is welkom hier! Hier word woes geklets! B)

Lyk my ons twee se twee kinders is min of meer dieselfde ouderdom My oudste word Januarie 5. Watter area woon julle?

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 11 months ago #113045 by Kinderelomelo
Hi julle

Mag ek hier kom chat? Ek was op die engelse thread maar niemand gesels daar nie. Ek het 'n seuntjie wat nou 1 jaar en 6 maande oud. Klein klits hou my baie besig maar ek is smoorverlief op hom. Kimika, jou kabouter is gorgeous!!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 11 months ago #113016 by kittycat
Heloo julle
Kimi, CUTE foto!! :) so, lyk my Pietertjie, Alex en Fawaway se LO is almal hier by die 82 cm :)
Wel, hy weeg dalk 9.5kg, maar hy lyk heel gesond het happy vir my op die foto's (en jou foto's op FB! :)
Alex weeg amper 13kg !! :) Ek weet nie waar sit dit nie, want sy lyfie is so klein en maer.. ek dink 5kg sit in die wange :)
Julle, die duur babysitter het my vandag gedrop.. ek weet nie of ek hartseer of bly is nie.. hartseer omdat Alex regtig van haar gehou het, maar bly omdat sy eintlik net TE duur was!!!! Sy se sy het 'n permanente werk gekry, so nou is my min tyd vir my self ook daarmee heen.... :dry:
So, nou het ek 'n girl in ons estate ontmoet, en sy se haar dogtertjie is in 'n speelgroepie 2 keer 'n week.Ek gaan vamiddag nou bietjie kyk.
My man maak my mal.... een van die dae post ek vir julle vanuit groendakkies.... hy gaan mos more weg met werk.. ek dink dis miskien 'n blessing in despise vir ons altwee...

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 11 months ago #113009 by Delucey
Mooi foto van Pietertjie. Lyk my almal wat ek ken se kinders het meer hare as Bianca :P

OK ek het nou gou self vir Bianca gemeet. Haar teen die muur laat staan - sy was nie baie happy met my nie :blink: Sy is nou 85cm lank en ek dink sy weeg nou so 12kg Kimika dis amper 'n hele newborn meer as Pietertjie hahahahaha :lol:

Julle ek is nou bly om te sien dis nie net ek wat nie lekker kuier nie :huh: Nee dit is nogal uitputtend en ja veral as daar trappe en allerhande breekgoedjies is.

Julle ek is gereed om 'n "vloermoer" te gooi.. my kar is nogsteeds nie reg nie - hulle wag nog vir die part en DINK dit sal DALK more of oormore daar wees. Ek is al sooo geirriteerd dat ek nie kan ry nie. Ek kan nie eers ry net om gou te gaan brood ens koop nie. En dis 'n mission met die twee kids se rondryery en ek sal nou weer Bianca se afspraak vir haar inspuiting moet uitstel. En ek wou dagsorg vir Bianca gekry het van die week af met die werk wat ek die 12de moet klaar he maar ek kan nie gaan kyk na plekke nie nog minder haar vat en gaan haal in die middel van die dag. Ek het gister aand (oftewel vanoggend) eers half 2 gaan slaap!! Ek sal nie so kan aanhou nie... sal maar moet slegte ma wees en haar voor ghoempie moet laat sit vir lank.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account