Kitty, ek het nou wraggies vergeet om hom te meet! Hopenlik sal ek more onthou. En as iemand dit ooit waag om my man en seuntjie Piet te noem bars ek 'n aar! My skoonpa is Piet en dit is heeltemal genoeg..
Delucey, geniet die shoot more! Dit klink great
Julle, ek het vandag vreeslik groot geskrik!!! Ek en Goggie het 'n groot oepsie gedoen.. Ek wou die kar was, en is toenou gladnie lus om by die carwash te sit nit, en ek het die oefening en buitelug nodig. So besluit toenou maar om sommer self die kar te was. Trek vir ons altwee kortbroeke en ou hempies aan en daar gaan ons. Ons was by my ma-hulle so hulle het lekker als om 'n valet te doen. Goggie is natuurlik mal daaroor om binne die kar te sit en speel terwyl ek dit was so dit was heel lekker die speletjie... maar Mamma het nie mooi gedink nie en los die kar sleutel binne in

Ek skrop nog so lekker toe hoor ek hoe die kar se deure sluit!!! My hart het dadelik gesink en dis asof ek in daai paar milisekondes die hele implikasie van die ding besef!!! Ek het nie 'n idee waar die spaarsleutel is nie!! Al die deure en die boot sluit op een slag en al die vensters is toe

Meneertjie sit binne die kar en speel met die sleutel.. ek se hom toe om die knoppie te druk wat hy natuurlik oor en oor doen maar die verkeerde een. Toe raak dit erger en hy laat val die sleutel tussen die sitplekke in.. nou kan hy dit nog bykom maar het belangstelling verloor. Ek wou sommer dadelik huil maar besef dat hy dalk gaan agterkom ek is gestress. Roep toe my ma om hom te kry om die sleutel uit te haal en die knoppie te druk. Hy het actually gestrek om die sleutel op te tel maar hy het dit toe net te ver ingeskuif en verloor belangstelling. Ek weet toe daar is nie 'n manier nie, weet nie waar die sleutel is nie.. tussen die laaste trekkery het dit iewers in 'n boks beland en ek het dit nog nooit weer gesien nie, dit sal inelkgeval heeltemal te lank vat om te ry en gaan soek! Die kar staan in vol son en dis vrek warm. Mamma en Ouma staan toe nou maar langs die kar en huil terwyl Goggie binne speel en die toeter druk

Ons het toe omtrent vir nog so 20min probeer om hom te kry om die sleutel uit te haal toe my pa kom en hy die agterste klein 3hoek ruitjie breek en die deur oopmaak. Dit was vreeslik!!!! Die outjie het toe nou al gatvol geraak vir die hele speletjie en was op die punt om te huil, hy het al teen die vensters begin slaan.
Ek kan nie glo ek was so dom om die sleutel binne saam hom te los nie

Dis rerig dom!! Wys net hoe agterlosig kan mens wees!! Ek dog my man gaan uitfreak oor ek so dom kan wees maar hy het darem net gelag.. shoo! Die enigste probleem is nou dat ons die laaste paar maande die versekering moes kanselleer oor die gemors met ons besigheid en ons finansies wat so terrible was. Die kar is meestal inelkgeval by die huis en ek ry omtrent net 2keer 'n week met hom. Nou gaan ons die ruitjie uit ons sakke moet regmaak en hulle is gewoonlik vrek duur!!!! Boohooo!! Maar die ruitjie se prys is niks as ek weet dis al hoe ek by my seuntjie kon kom.. aai julle..