Aai ek weer agter met die chats....
Kimika die name was vir my ook nogal 'n nagmerrie, Luan was mos eers Chris (my pa was Chris), en op die nippertjie word dit toe Luan, my dogtertjie die naam vir ons gesê en toe klink dit net so reg. Al my storktea presentjies se kaartjies sê nog Chris

.
Ek was mal oor Luka, maar my man hou ook nie van engelse / of ander taalname nie !
Sjoe ek sommer ook rillings oor die swembadstorie, dit moet VERSKRIKLIK wees !!! En natuurlik die karstorie !!!!
Aai julle ek weet nie of ek so iets sal kan oorleef nie ???
Maandag toe val Luan van die vrieskas af tot op die teëls en ek het soos 'n hond gevoel !! Hy klink en klouter als julle !!! Ek kan hom nie meer 'n sekond alleen los nie (onthou hoe ek gemoan het dat hy niks kan doen nie). En ja sowaar die mannetjie begin nou babbel ook.
Gepraat van die val van die vrieskas...hy val permanent op sy kop, daar gaan nie 'n dag verby wat hy nie op sy kop val of kap nie !! My senuwees is kla

.
Ag ek eintlik nog baie om te sê, maar as ek nie nou stop nie, gaan ek langstories tik, so sal later weer aangaan ....
to be conitue