file *** Maart/April 2009 Mammas***

16 years 6 days ago #108363 by Delucey
O en wat ek nog wil voorstel is dat jy nie vir die een dieselfde voorletters gee as ouboet nie. Ek en my man het albei broers met dieselfde voorletters as ons en dis 'n nagmerrie as dit by pos kom. Ek het as kind alewig my broer se pos oop gemaak en vice versa. En my man het so paar jaar terug 'n rekening van 'n hospitaal gekry wat eintlik vir sy broer bedoel was!

.. just a thought!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 6 days ago #108357 by Kimika
Ek is ook bietjie bang vir die hare skeer ding.. en my kind sal lyk of hy siek is met sy bleek velletjie! Ek sal dit net korter sny :)

Delucey, afrikaanse name of engels solank dit nie te weird raak nie. Ek gaan def 2 name gee.. ek is mal oor twee name so dit moet redelik bymekaar pas. En jy weet mos nou ons het so kort boring van en dit maak dit eers moeilik!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 6 days ago #108355 by Delucey
sjoe nou het ek weer 'n paar posts gemis :)

Kimika baie geluk met die seuntjie! Ek glo hulle gaan sommer lekker saamspeel en julle op julle tone hou :silly: Ek sal moet dink aan name... moet se vir my was dit moeilik met die name want daar is meestal net engelse name op die internet. ek het ek dink twee name boeke sal bietjie daardeur blaai. Wat het jy in gedagte? Kort naam of langer naam of wat? Ek moet se persoonlik is ek nie 'n groot fan van familiename nie. Ek het gevoel my kinders moet elkeen hul eie unieke name he.

Ai junita.. wat het die kind met die arme hond gemaak dat hy sy been gebreek het?! Klink vir my bietjie rof!

Ja post 'n fototjie van die hare sal ook wil sien. My een vriendin se ek moet Bianca se hare skeer dan sal dit begin groei en dikker wees. Maar ek glo sy sal dik hare he want ek en pa en boetie het dik hare en ek voel hoe gaan sy wat dogtertjie is nou lyk met afgeskeerde hare? So nee wat ek gaan dit nie rush nie... en so bly sy ook langer my babatjie ;)

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 6 days ago #108354 by Kimika
Ag Junita dit klink vrek cute!! Post bietjie 'n foto van sy haartjies, al is dit op FB. Ek wik en weeg of ek Pietertjie sin moet sny maar kry die ou haartjies so jammer! Hy groei so hard aan hulle ;) Maar dis waar wat jy se, hulle is eintlik nou gladnie meer babas nie.. aaiii maar hy sal altyd my ou klein seuntjie wees.. al is daar nog een :)

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 6 days ago #108352 by junita
Oja ons Saterdag met Luan haarsalon toe, sy hare afgeskeer no.4, hy lyk nou soos 'n regter seuntjie, besef nou, hulle nie meer babas nie !! Hy lyk so CUTE !

Mother of Telitha 7 years and Luan 1 year.

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 6 days ago #108350 by junita
Sjoe Kitty ek ok sommer geïrriteerd, my nou sommer heel ingeleef in jou storie, klein blikskotteltjie, ek kan ook "relate", my kinders (dogter) is weer net ouer, en vlgs my vriendin kan my kind niks regdoen nie, terwyl haar wettertjie eintlik die moeilikmakertjie is, nou nie dat ek die ma is nie, maar ek kan mos sien !!!
Anyway die kuiers is nou minder en dit pas my, want sy skel en skel net die heeltyd maar sien nie wat haar seuntjie doen nie.
Hulle nou 'n hondjie gekry toe ons gaan kuier toe die hond se been in gips, want die arme seuntjie het sy beentjie per ongeluk gebreek :woohoo: .

Luan babbel ook nou eweskielik so baie en wys ook na alles met sy vingertjie, en hy is vol "smiles", ek geniet die stadium nou vreeslik baie !!

Kimika geluk met die seuntjie, toema nou sal pa en seuns jou mos lekker op die hande dra en miskien is die laatlammertjie eendag 'n dogtertjie ;) !

Delucey bly jy die konsert geniet, dit is maar so kosbaar en mens darm trots op die kleingoed, veral as hulle dit ook so geniet.

Mother of Telitha 7 years and Luan 1 year.

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 6 days ago #108173 by Kimika
Nie rerig nie Kitty, ons het nie eintlik familie name aan my kant nie.. maar ek gaan bietjie al die name en nooiensvanne neerskryf en kyk of ek nie iets kan uitgerig kry nie... dit sou natuurlik gehelp het as daar wel familiename was wat bietjie mooier en interesanter was!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account