file *** Maart/April 2009 Mammas***

16 years 1 month ago #112140 by kittycat
Replied by kittycat on topic Re: *** Maart/April 2009 Mammas***
Kimi, mmmm, ek moet ook bietjie my bydrae lewer en aan 'n paar name dink, maar soos jy se, partykeer is dit 'n nice naam , maar die assosiasie met iemand is nie baie goed nie... :)
Ek het bv 'n ding oor die naam tracy, (weet dis 'n meisienaam, maar net as voorbeeld!) Die naam is mooi, maar al die tracy's wat ek al in my lewe ontmoet het, was nie baie nice nie!!! :(

Ek hou van Henco soos Junita gese het, en dan hou ek van James, maar dis bietjie engels, Tiaan is ook vir my nice.
Dink ooknet hoe kinders eendag hom gaan noem met 'n afkorting.. hulle doen dit mos altyd... Bv ek weet my Alexander sal eendag Alex of Lex deur sy pelle genoem word, of iets soos Willem sal Willie word, en my broer (Jaco) is al van skool af Jakes genoem deur sy pelle....!!
My pa, broer en Man is Pieter. Hulle almal word Piet genoem.!! :) So, miskien gaan jou Pietertjie ook Piet wees?!! :)
My broer se seuntjie is "Tjaart"... nou se ek vir my broer ek gaan hom klein Tjarrie nie.. my broer was nie beindruk nie :):)

Delucey, ja meet bietjie vir Bianca as jy weer gaan vir die inspuitings!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 month ago #112017 by Kimika
Dankie Junita :) Ek gaan def 'n paar van hulle neerskryf. Jitte dit moet lekker wees om 4 broers te he!!

Die doedoe pilletjies het def gister ingeskop ;) Hy het gistermiddag en gisteraand weer in sy kot aan die slaap geraak!! Hy het die laaste 3 weke geweier om daarin te le en moes saam my op die bed le!! Kom ons hoop dit verbeter nog van hier af ;)

Kitty ek wou nog gisteraand se dat ek ook nogal gewonder het oor hoe lank hy nou is! Sal hom bietjie iewers vandag meet. Ek het nou eers sy afspraak gemaak vir sy 15mnde inspuiting.. oops.. dis nou vir die MMR en waterpokkies. Maar sy is so vol dat ek eers die 1ste Nov kon inkom :( en dan presies 'n maand later moet hy gaan vir die laaste 2. My arme kind!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 month ago #111992 by junita
Kimika my ouboet is ook Francois, het 4 boetas (Francois, Christo, Steven, Cobus (2ling boetie).

Mother of Telitha 7 years and Luan 1 year.

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 month ago #111991 by junita
Aai Kitty ek kan self nie ophou dink aan die arme ouers en grootouers nie !!!

Kimika....ek was nou in die bed en wraggies lê ek aan name dink so hier kom nog 'n paar...

Liam
Corne (amper soos joune :laugh: )
Tihan
Marko
Wihann
Erhard
Juan
Henko
Andru
Franko
Charl (ag sommer oor al die Charls wat ekke ken is mooi :blush: )
Marnu
Christin
ag ek kan seker nog aangaan, sodra ek gaan lê gaan my kop weer op hol, sien jy nou ons ook opgewonde oor Smit no.2 ;) , anyways hoop dit help 'n bietjie ;) ?

Mother of Telitha 7 years and Luan 1 year.

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 month ago #111987 by Kimika
Kitty, ag nee :( Ek wil nie eers daaraan dink hoe erg dit vir hulle moet wees nie nevermind dit ervaar.. dis die ergste hartseer menslik denkbaar!!

Delucey, ek dink nogsteeds Rueven is 'n wenner.. sal maar ander keer weer hom bewerk.

Francois is my boetie se naam, en my sussie se man en haar seuntjie ;)

Michael = Schumacher wat my man haat ;)

Sien jy nou hoekom sukkel ons so!! En dan noem hy nou weer 'n naam waaroor hy heel excited is dan is daar 'n rede hoekom ek nie van dit hou nie.

Maar hou maar aan opnoem hoor!

Hey ek dink ek het die tandeborsel storie nou amper onder die knie!! Die laaste 3 aande sit hy heel stil sonder om te huil dat ek kan borsel :)

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 month ago #111967 by Delucey
Ai Kitty ek wil sommer huil as ek die storie hoor. Ek wonder altyd wat gaan deur so 'n kind se gedagtes as hulle in daai situasie is en niemand kan hulle help nie.

Ons sal seker volgende week weet hoe lank is Bianca want dan gaan ons vir haar inspuitings. Maar sy wou nie laas saamwerk nie so sal moet wag en sien... anders sal ek sommer self probeer meet

Kimika ag nee ek het ook gedink ons het 'n wenner met Rueven!

Wat van iets soos Eon? Of Franscois? Michael is ook nogal 'n mooi naam as julle nie erg Afrikaans wil gaan nie. Ek probeer nou dink aan mans wat ek ken haha

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 month ago #111917 by kittycat
Replied by kittycat on topic Re: *** Maart/April 2009 Mammas***
Jammer julle dat ek so stil is.. ek het getreur oor my arme vriendin se seuntjie.. hy word vandag begrawe... sjoe, ek kan nie ophou om aan haar te dink nie... Sy het nog al sy fototjies op FB.. dis net vir my SOOOO hartseer.. en dit het by die Ouma en Oupa se huis gebeur.. my vriendin het hom daar gelos om gou winkels toe te gaan. Hy kon swem, maar die swembad was half vol, vol val hy in, en toe kon hy nie uit kom nie, omdat die rant te hoog was, en sy voetjies kon nie die grond raak nie. Hy het toe so moeg geraak, toe verdrink hy....!! Hy moes 'n middagslapie vat, en die Ouma het nie geweet hy het uitgesneak buite toe nie... imagine hoe moet daai Ouma voel.. en dis my vriendin se skoonma...!!! Sjoe julle, dis sooooo erg vir my!!!

Anyway.. Kimi, ek sal bietjie dink aan name, maar ek kook nie eintlik so erg met name nie... Ek het net een naam vir my seuntjie gehad.
Dit was 'n hele issue met die naam, omdat ons hom na my skoonpa vernoem het, toe strip my skoonma haar heeltemal en se dit is baie "disrespectful" teenoor haar (hulle was en is nogsteeds besig om te skei.. ) bla bla bla bla....
So, eerlikwaar, eks bly ek hoef nie weer 'n naam te kies nie!

Julle, het julle dalk onlangs jul kleintjies gemeet? Ek wonder nogal of Alex langer of korter as die normaal is? Nie dat ek worry nie, eks maar net nuuskerig?!! Alex is nou presies 83cm sonder sy skoene.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account