file *** Maart/April 2009 Mammas***

16 years 6 days ago #108088 by kittycat
Kimika, is daar enige familie lid naam wat jy dalk vir inbring bv jou pa, of niks hierdie keer nie???
Persoonlik hou ek nie van al hierdie vreeslik "fashionable" name op die oomblik nie... Ek hou van 'n mooi Afrikaanse naam wat darem nie te outyds is nie, maar defnitief nie hierdie heavy nuwe name wat almal hul kinders noem nie, maar weereens, ek voel elkeen kan sy kind noem wat hy wil, of dit nou Sagrys Albertus of Bryson-Zay is, op die ou end is dit jou keuse! ;)

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 week ago #107815 by Kimika
LOL Kitty ek verstaan dit was net 'n tikkie! Maar dit het die ding gedoen :)

Ja en ek kan die seuntjies se kamer nou net verder mooimaak met diere goedjies en speelgoed. Ek het nogal gewonder hoe gaan ek 'n seuntjie en dogtertjie kamer saam kan doen!?

Julle moet my ASB naam idees gee! Ek het nou al ure lank rondgespeel op websites vir name maar met ons van kan jy nie rerig te wild gaan nie.. ek kry niks :(

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 week ago #107813 by kittycat
Hi Kimi
Ag nog ou seuntjie en maatjie vir Pietertjie!! :) Ja weet jy, ek kan dink dat jy dalk 'n ou dogtertjie wou he, maar soos jy se, dinge werk maar uit soos dit moet, en die Here weet die beste!!!!
Dink net hoe lekker hulle gaan speel (my broer het my nat afgeknou totdat ek omtrent 14 was!!!) en nou kan jy al Pietertjie se ou kleertjies wat hom hou, want klere is so bleddie duur!!!

Ja, ek het ok besluit om maar bietjie daar weg te bly... anders gaan ek te geirriteerd raak!!
Ek wil darem net vir julle se, ek het nie die outjie darm nie hard gestamp nie, net so 'n ligte tikkie tot hy sy balans so bietjie verloor het!!
:blush:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 week ago #107780 by Kimika
Ok so julle het seker nou al die nuus gekry: Dis 'n seuntjie!

Ek het rerig gehoop vir 'n dogtertjie maar weet die Here weet beste vir 'n mens. Moet net aan die idee gewoond raak om *outnumbered* te wees in die huis. En natuurlik het ons geen idee van 'n naam nie! Gaan nou die volgende paar maande spandeer om elke name finder te google ;)

Delucey, ek het prentjies gekry op www.shutterstock.com Ek weet jy kan daar ook pakette koop vir prentjies. Daar is baie oulike goedjies op.

Die konsert klink vrek oulik!! Hoop die skool het darem oulike fotos geneem ;x0

Kitty, gaan nou die ding lees.. Oor die babbelry, hy praat baie babbeltaal!! Hy sal ook na my toe kom en so 'n hele laang sin babbeltaal praat en ook wys met die finger. Dan het ek natuulik nie 'n clue wat hy probeer se nie en vra vir hom: "wat soek jy?" Dan sal hy daai sin presies net so oor se! Hy sal dit 'n paar keer lank doen totdat ek uitfigure wat hy wil he! So hy weet presies wat hy wil he en die taal is spesifiek, ons verstaan dit net nie :) Maar tussendeur gooi hy al die woorde wat hy ken.

Ok ek het intussen jou mail gelees.. eish.. nogal irriterend hoor, ek dink ek sou dieselfde gevoel (en gedoen) het! Vermy maar van nou af verdere kuiertjies en noem dat Alex al 'n groot seuntjie is.. party kinders is maar net so stout en lelik, hopenlik sal hy dit ontgroei en dan kan hulle weer lekker speel!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 week ago #107768 by Delucey
Ja jy moet dalk hoor hoe werk dit nou met die voucher as die een in die Paarl toegemaak het. Tien teen een het die persoon by daai tak geweet hulle gaan toemaak toe sy die voucher aan jou skoonpa verkoop/gegee het?

Ek verstaan presies hoe jy voel oor dit! Ek het ook 'n vriendin gehad toe Eben klein was wat ook na hom so verwys het en hy was fisies groter as haar kind hahaha En my een vriendin se dogtertjie (sy en Eben is 5 dae uitmekaar gebore) ook so afknouerig. Maar is nou beter. Maar daai kind is 'n probleem kind hoor. Sjoe... is nou blykbaar in terapie want nou is sy op die sy haat almal stadium. WAT?! So sy gaan sommer nou al deur die tienerstadiums :silly: Haha ek dink jy het daai seuntjie net gewys wie is baas ...

Toe ek vier jaar oud was het my oordrom in my regteroor begin verkalk. Hulle het grommits ingesit maar dit het nie gewerk nie met die gevolg dat die oordrom heeltemal verkalk het en ek niks kan hoor in my regteroor nie. Toe ek so 12 was toe begin my linkeroor se oordrom ook verkalk. Toe het hulle my oor geopereer en die helfde wat begin verkalk het vervang met 'n plastiek of iets (nie seker wat nie hehe) Mense wat my gehoor toets se nog altyd hulle kan nie glo ek was in 'n gewone skool en is universiteit toe nie :) Maar ek het maar altyd voor in die klas gesit en gelukkig kon ek maklik leer so dit het ook gehelp! En ek kan lippe lees :P Maar ek moet se 'n oor operasie is baie weird. Ek moes my kop met my hande oplig!

Wou nog se, Eben se konsert was toe nou nogal oulik. Hy was nie eers skaam of iets nie. Hy het oulik gedans en als. Net heeltyd terwyl hy dans gehoor toe gekyk om te kyk of hy ons sien ;) En op die einde was al die kinders op die verhoog en hulle moes dans, hierdie hooligan van my dans sommer die hele verhoog vol. B)

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 week ago #107758 by kittycat
:woohoo: Delucey, ja ek het toe gisteraand op die website gaan kyk, en natuurlik het die een in die Paarl toegemaak,,, so nou weet ek nie..ek is eintlik lus om "toptots" in Durbanville te join.. ek hoop nie my skoonpa het al klaar vir daai voucher betaal nie??!?!?!?

Okay, ek sal vir julle die storie (ag dis nie 'n big deal nie, net bietjie ongemaklik, en ek is vies....) facebook-msg stuur, dan kan julle sommer hier reply okay... ??! ;)

Delucey, weet jy, ek was altyd die grootste party animal in die wereld, maar vandat Alex gebore is, irriteer 'n geraas my vreeslik.. veral loud mense wat altyd probeer om die hardste te praat en die meeste stupid grappies AANMEKAAR te maak....
My man wil 'n housewarming hou voordat hy teruggaan Afghanistan toe.. Ek is GLAD nie in die mood nie. Dit klink vir my net asof ek die hele dag gaan werk, en dan gaan hulle nog vir Alex ook wakker raas... sjoe, eks seker maar bietjie boring..

Delucey, wat het met jou oordrom gebeur? Ek kan net dink hoe moeilik dit moet wees in 'n geselskap met 'n moewiese geraas,en mens kan nie alles lekker hoor nie...

Kimi.. ons wag in spanning... :woohoo:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 week ago #107744 by Delucey
Ja Kimika ek wil ook weet!!

Kitty ek is sommer jaloers hehe Ag ek moet se Bianca slaap darem nie te sleg nie. Dis net die stoutgeit en geskree heeldag wat my onder kry. Bianca babbel ook nou so woes en ek dink nogal dis die begin van meer praat want sy se ook nou makliker woorde agter my aan. Ek lag vanmiddag so... boetie se iets van hy het gepoep... se Bianca ook poep hahaha

Kitty nou het jy my nuuskierig.. jy moet maar 'n message in facebook vir ons stuur oor wat gebeur het :)

Ek is hier in Noordheuwel, Krugersdorp by 'n moms and tots. Maar dalk moet jy kyk of daar nie 'n ander een daar iewers is nie. Hul het 'n website en dan hoor jy. Wat ek gedoen het was om te vra of ek nie en lessie kan bywoon om te kyk hoe dit werk en of ek daarvan hou nie en twee verskillende groepies het my dit laat doen. Ek het toe meer van die een in krugersdorp gehou (al is dit heelwat verder)

Sjoe ek dink ek gaan maar inkruip. Was by 'n verjaarsdag braai gewees en dit was vir my meer inspanning as iets anders. Ek is mos doof in my een oor en het net 'n halwe oordrom wat werk in die ander een! So met die geraas van musiek en klomp mense wat gelyk praat is dit 'n mission om die geselskap te volg en dan wil ek nog heeltyd kyk waar is my kinders ook! Ek is mos maar 'n "helicopter parent" :dry:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account