Hello Dames!
Sjoe, ek was bitter lanklaas op hierdie forum, so sal myself weer voorstel

Besef nou ek moet dalk my profile naam verander want ek is nie meer 'n "newbie" nie, ons seuntjie is nou 4 jaar oud. Ek en my man is ampertjies 10 jaar getroud.
Markus is in 2010 gebore, ons het dadelik swanger geraak met hom, en 'n fantastiese swangerskap en natuurlike tuisgeboorte gehad.
Ons wou in 2012 graag nog 'n klein mensie kry, en het weer dadelik swanger geraak maar 'n miskraam gehad (blighted ovum). Ek was 3 maande later weer swanger, en het weer 'n miskraam gehad, en verlede jaar April weer swanger geraak met 'n tweeling (my grootste droom!), en weereens 'n miskraam gehad. Dit is nou amper 'n jaar na die laaste miskraam. Ek het daarna heeltemal verdwyn van die forum af, ons harte was vreeslik seer en dit het 'n rukkie gevat vir ons om daardeur te werk.
Die Here het ons so genees en regtig ons harte kom heelmaak, en sommer ons huwelik weer kom nuutmaak. Ek is meer verlief as wat ek was die dag wat ek my man ontmoet het. Ek is onbeskryflik dankmaar vir ons liefste Markus, hy is 'n absolute vreugde! En ons is nou weer aan die probeer vir 'n nuwe baba.
Ek wil graag hierdie pad saam met julle stap en almal hier se stories hoor en leer ken. EK onthou hoe groot blessing die forum mammas was met my swangerskap en journey met Markus.
En dit is ek

Hello!