Hi julle!
Hoop jul het lekker naweek gehad!
Jame? Hoe gaan dit? Wat het toe gebeur? Hoop rerig dis goeie nuus vir jou gewees!
Lagogies, ek is so bitter jammer om te hoor oor jou ivf

wanneer doen jy jou KI ? Sterkte, hoop alles verloop vlot met n positiewe uitkoms!
Ons is op n vakansie maand, maar het so goeie naweek gehad. Moet dit met jul deel...
Ons dink so vinnig negatiewe gedagtes oor onsself, dat ons iewers iets verkeerd doen, dis hoekom ons sukkel om swanger te raak, of dat ons dalk nie goeie mammas sal wees nie, of nie goeie vrouens vir ons mans is nie en allerhande simpel goed... Maar dit is nie wat God vir ons se nie, en ons moet die gedagtes gevange neem, en dit onder die waarheid van God se woord bring. Hy droom GROOT oor ons, Hy het goedheid en guns vir ons in stoor. Ja, dit is moeilik wat ons deurgaan, maar ons moenie op die bitterheid en seer 'broei' nie. Ons kies om ons vreugde in Hom te kry!
Hiehie, raak ek nou sommer opgewonde oor ons Groot God!!
Lekker kort wekie julle!
Xxx