Middag dames
Sjoe hier is baie aksie vandag!!! Bly om te sien julle almal is so aktief
Ek sal beslis die nuwe groepie "pad na geboorte" gaan join .
@En dan vir al julle "veterane" hier, ek bid vir elkeen van julle. Ek kan dink dit is glad nie maklik nie, en verstaan heeltemal. Ek hoop regtig met my hele hart dat as dit Liewe Jesus se wil is, julle ALMAL nog 'n BFP hierdie jaar gaan kry.
@Al die dames wat bietjie gaan dieet, ek hou styf duime vas dat julle almal julle goal weights sal bereik, en sommer binnekort. Ek weet julle kan dit doen. Bly net positief, en dit is great dat julle mekaar so kan ondersteun. Dit help baie vir motivering!
AFM, ek gaan vanmiddag half 5 vir my eerste ultrasound.

Ek kan nie vir julle beskryf hoe opgewonde ek is nie. My hart klop al heeldag in my keel, en kon gistraaand nie regtig slaap nie. Maar ek is ook bietjie senuweeagtig. Weet nie hoekom nie, maar ek het vreeslikke bottervliegies op my maag. Ek is 9 weekies en 1 daggie vandag. Kan nie wag om net daardie hartkloppie te hoor nie. En ek weet ek gaan tjank, hoop maar die dokter dink nie snaaks van my nie.

En my ma maak vanaand vir ons 'n lekker bord kook kos, want sy wil net so graag die scan fototjies sien van haar eerste kleinklind. En sy weet met haar kook kos kan sy my enige dag omkoop om te gaan kuier