Hi Bell ek lag maar net. Ek het ook elke nou en dan n blonde oomblik, veral die tyd van die dag op n donderdag, maar more werk ek nie so streng gesproke is dit my VRYDAG... Ek is soos n stoute kind vandag, ek is op google en facebook en moomies, maar as ek my baas se deur hoor oopgaan dan maak ek alles toe en lyk vrek hard aan die werk
Ek kan nou nie mooi presies die CD onthou nie, ek dink dit was van CD 12 af elke 2de/3de dag (hang af hoe my follies was). En bloed trek na my 2de scan elke dag. Maar dit verskil met elke mens want my dokter bepaal die bloed en die volgende scan n.a.v die groote van die follie. Ek is nou net natuurlik tot Jan dan gaan ek Femara/Clomid gebruik. Ek het nie eintelik follies gehad laas siklus nie. Dokter se ek het nie geovuleer nie.
Ek doen die maand nie die scans nie, net die bloed toetse. Van CD 12 af tot CD 18. My siklus spring maar rond so ek wil nie ovulasie mis nie.
Julle moet almal soet wees die naweek, behalwe die wat nie mag swanger raak nie, julle moet maar wyn drink i.p.v BD