Haai almal!
Zarah, bly jy chat nog saam

. Hoe is jou gemoed nou? Januarie is net om die draai!!
Hopeful, dis altyd vir my lekker as jy inloer. Lagogies jy ook - almal wat deur n suksesvolle IVF is gee beslis vir my hoop en bly vir my n inspirasie.
Naomi, geniet die laaste paar dae van kuier, een van die dae is dit iets van die verlede
Zettie, ja nee dis reg, ek hou styf duimvas! Hoop jou oog is gou beter. Ek gaan ook maar die boek aanskaf - kan nie glo ek is al (hopelik) oppad na IVF #3 toe nie :/
Ertjie, Amandatjie, jammer oor julle BFN. Amandatjie, sterkte vir hierdie pad waarop jy is.
Stella en Debs, hoe gaan dit met julle babsies?
Andie, baie dankie. Julle doen ook nou weer toetse? Hoe gaan dit met die laaste troureelings?
Hallo aan al die ander dames.
AFM: ek voel ook emosioneel heelwat beter. Was gister kerk toe, gedink ek sal sit en bid vir nog n baba, maar toe kry ek myself dat ek eerder bid vir vrede in my hart. Ek was nogal emosioneel, maar dit het my gehelp. Sien FS oor n week.
Hoop julle almal het n heerlike vakansiedag more!