More dames
Amandatjie, ek is baie baie jammer. En al klink dit na lee woorde, weet dit.. Hier verstaan ons.Jy sal jouself moet toelaat om te huil en treur. Dit is nie gesond om die gevoelens in te hou nie.
Dames, ek weet nie of ek al gese het nie, maar ek chat ook op ander engelse forum, FERTILICARE. Tertia Albertyn is 1 van die founders van die forum. Ek het verlede maand met die dames van die forum ontmoet en Tertia was daar! n regte celebrity onder ons klomp.
Ek se altyd vir Andie dat Moomie vir my soos familie is maar op fertilicare kry ek baie info. Die vroue daar is baie meer betrokke met ART (assisted reproductive techniques).
Die forum is ook baie streng met hulle reels. Bv, wanneer jy swanger raak, beweeg jy na die swangerskap forum. Jy mag nog in die TTC forum chat, maar onder geen omstandighede mag jou signature wys nie. Dit het my laat dink aan jou stelling Lagogies. Fertilicare voel dit beskerm die vroue se gevoelens wat nog sukkel.
Ek het ook n dame op die forum ontmoet wat nou n 7weke oue seuntjie het met haar 10de IVF! Sys afrikaans en julle moet tog haar blog lees.
touchingthemoon.wordpress.com/
Dames, hierdie is 1 emosionele pad wat ons stap en al wat ons kan doen is mekaar ondersteun en die Vader dank ons het mekaar gevind.
Lekker naweek verder!