More almal
Ja jong, ek kan net nie wegbly van moomie en my maaikies nie

Lyk my almal is op vakansie! Behalwe ek.
Hoe was die naweek? Ek het baie lekker met my familie gekuier saterdag.
zettie, hier kom n ding! Ek dink nie dis te vroeg nie want ek het al so baie gehoor van dames wat net weet hulle is swanger. Wanneer gaan jy toets?
Hopeful, ag nee vriendin! Hoe klink jy dan nou so hartseer? Jou storie is so n groot getuienis en jy moet dit gebruik om ander te inspireer. Jy is so n liewe mens en ons waardeer jou baie.
Naomi, hoe was die naweek?
Wie braai almal more? My man het niks nodig om te braai nie en sal dit elke dag doen as ek nie keer nie!
Al die ander, wees gegroet!
AFM: My siklus is weer heel deurmekaar. Ek dink dis al die hormone van die IVF. Ek moes iewers oor die naweek ge-ovuleer het, maar ek bloei/spot al heel naweek. My man se gister hys ook bly ons vat n break want nou kan ons op ons huis fokus. Met TTC gaan al mens se fokus en geld in behandeling.