Hallo Almal!
Amandatjie, laat weet ons asb hoe dit met die IUI gegaan het?
Debs, dis so spesiaal dat jou ma kan saam na die scan!
Nellak, ek prober ook maar altyd so lank as wat ek kan uithou viir ek toets...teleurstelling net te groot altyd as daai een strepie kom...
Kayla, ek hoop AF kom gou dat julle weer aan die werk kan spring
Bea, hoe voel jy? Jy ook rustig?
StellaK, lekker rus die naweek. Hoop daai moegheid is beter na die naweek.
Lagogies, ek sien saam met jou uit na Maandag!!
NaomiB, geniet die braai en kuiertjie. Ek mis darem my rooiwyntjie die afgelope tyd
Zarah, sterkte vir more! Ek hou saam duim vas!
Dellie, hou moed tot Woensdag!
Bell, as ek Provera gebruik dan begin ek gewoonlik so op die 8ste dag wat ek dit drink, maar dit kan vinniger.
Hopeful, sien so uit om die hoor wat die tweetjies is. Ek hoop ook sommer vir twee!
As ek nou iemand vergeet het, is ek baie jammer.
Ek is vandag nog rustig by die huis. Voel niks ander nie en toets mos eers more oor 'n week!!!!

Ek en ML spot so oor tweeling dat ek dink ons teleurgesteld gaan wees as dit nie twee is nie

Maar een sal ook reg wees!
Geniet die naweek almal!