Zarah, sterkte vir vanoggend!! Ek sal heel tyd aan jou dink en bid saam met jou dat daai embies mooi sal klou xxx
Lagogies - het jou twee eiertjies mooi bevrug deur die nag? Ek hou ook baie styf duimvas dat jy twee pragtige embies sal he vir terugplasing.
Stella! Geniet jou scan vandag!!
Chrissie, hoe laat scan jy? Ek het vroeg gescan vanoggend.
Bell, hoop jy sien Vrydag mooi follies vir jou KI.
Amandatjie, hoop nie jy kry te veel newe-effekte nie - en hoop jy reageer mooi op die medikasie.
Hallo Naomi, Andie, Anthea en al die ander.
AFM: Ons het vanoggend drie redelike mooi follies gesien. Dit is natuurlik baie min vir IVF, maar ek dink dit is redelik in lyn met wat ons verwag het. Laas het ek net twee groot follies gehad, so drie is vir my al klaar beter. Ons gaan nie kanselleer nie, "want dis die beste kans wat ek ooit gaan he" - so al voel ek bietjie sad, voel ek ook positief, want dis waar wat almal se, op die ou einde vat dit net een. Ek scan weer Vrydag.
En ek sal myself Vrydag SELF MOET INSPUIT!!! Want my man is uitstedig en ek kan nie vroeg kliniek toe gaan nie, want ek moet my dogtertjie by die kleuterskool aflaai - ek sal dit maar net MOET DOEN!